Nuus 13:00
BULLETIN 22 September 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die opeenhoping van voertuie bemoeilik die reddingsoperasie op Van Reenenspas
# Die UDM sê die dreigende elektrisiteit-prysverhoging van 46% is sleg vir verbruikers
# En, motorsport: Norris palm die voorste wegspringposisie in Singapoer in, met Verstappen langs hom
# Die N3 Tol-konsessie sê die N3-tolroete is steeds gesluit vir inkomende verkeer tussen die Tugela-plaza in KwaZulu-Natal en Harrismith in die Vrystaat. Die bedryfshoof Thania Dhoogra sê daar is ‘n opeenhoping van 30-kilometer van voertuie van Harrismith af na Van Reenenspas. Inkomende verkeer kan nie tans op die pas hanteer word nie omdat dit meer druk plaas op ‘n reeds ingewikkelde reddings- en herwinnings-operasie:
Vroeër het die Vrystaatse Departement van Samewerkende Regering, Tradisionele Sake en Menslike Nedersettings die dood van ‘n passasier op die N3-tolroete aangemeld. Die departement se woordvoerder, Zimasa Mbewu, sê die passasier is gister dood as gevolg van hipotermie op reis tussen Johannesburg en KwaZulu-Natal. Mbewu sê reddingsoperasies is vroeg vanoggend hervat:
# Die UDM sê die dreigende elektrisiteit-prysverhoging van 46-persent wek ernstige kommer oor die moontlike uitwerking op verbruikers en die breër ekonomie. Die party se adjunkpresident, Nqabayomzi Kwankwa, sê Eskom se wanbestuur moenie aan verbruikers oorgedra word nie, wat nie die gevolglike koste van agt-miljard-rand kan dra nie. Hy voeg by ‘n voorgestelde verhoging van 46-persent sal ‘n ondraaglike las op verbruikers plaas, wat reeds met die stygende lewenskoste worstel:
# ‘n Brandbestryder in Kalifornië, Robert Matthew Hernandez, is gearresteer en beskuldig van die stigting van vyf brande in die staat se wynland. Sy mede-brandbestryders het destyds teen vlamme geveg wat byna ‘n half-miljoen hektaar vernietig het en vanjaar duisende ontruimings in die staat veroorsaak het. Die 38-jarige Hernandez word verdink van die stig van die brande tussen 15 Augustus en 14 September, terwyl hy nie aan diens was nie. Hy bly in aanhouding. Intussen woed veldbrande steeds in Kalifornië.
# En, motorsport: Lando Norris van McLaren is vanmiddag in die voorste wegspringposisie posisie in die Singapoer Grand Prix. Sy Red Bull-mededinger en Formule Een-kampioenskapleier, Max Verstappen, sal langs hom wees. Lewis Hamilton het hom reggeruk ná ‘n paar onlangse kwalifiseer-probleme en is in die derde posisie, met sy Mercedes-spanmaat George Russell, vierde. Norris se mede-McLaren-renjaer Oscar Piastri neem die vyfde posisie in. Verstappen loop in die kampioenskap met 59 punte voor teen Norris, met nog sewe rondes oor.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….