Nuus 13:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 16 September 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Ramaphosa vol vertroue die regering van nasionale eenheid sal gedy ten spyte van die BELA-wet-debatte
# Die Gautengse Gesondheidsdepartement sê hy vorder om gesondheidsgeriewe gereed te kry vir die NGV
# En, rugby: Santiago Pernas vervang Matias Orlando in die span van Argentinië
# President Cyril Ramaphosa is vol vertroue dat die regering van nasionale eenheid sal gedy ten spyte van uitdagings. Hy sê in sy weeklikse nuusbrief die regering van nasionale eenheid is stabiel te midde van gesprekke oor die Wet op Basiese Onderwyswette. Die president het sy grondwetlike plig nagekom en die wet Vrydag onderteken maar het die implementering van sekere omstrede klousules uitgestel vir verdere gesprekvoering. Ramaphosa bly optimisties oor die vordering van die regering van nasionale eenheid en fokus op inklusiewe groei, armoedeverligting en om ‘n bestendige staat te bou.
# Die Gautengse Gesondheidsdepartement sê hy maak sy gesondheidsfasiliteite gereed om aan die Nasionale Gesondheidsversekering se vereiste standaarde te voldoen. Tans voldoen 22 van die 36 gemeenskapsgesondheidsentrums en 14 van die 37 hospitale wat ondersoek is, daaraan. Die departement se woordvoerder, Khutso Rabothata, sê NGV sal toegang tot gesondheidsdienste verbeter:
# Die organisasie sonder winsbejag, Ndifuna Ukwazi, sê die behuisingstekort in Kaapstad raak steeds duisende lae-inkomste inwoners. Die metro het die afgelope jare tien-duisend behuisingseenhede op goed geleë grond afgeteken, maar toegang tot boufondse wek kommer. Nick Budlender van die organisasie sê daar is ʼn dringende behoefte aan fondse om armes se lewensomstandighede te verbeter:
# Rugby: Argentinië sal Saterdag in Santiago sonder sy ervare senter, Matías Orlando, moet klaarkom in die Rugbykampioenskap-kragmeting teen die Springbokke. Die 32-jarige speler, wat nog nie in vanjaar se kompetisie op die veld was nie, sukkel met ʼn spierbesering. Hoofafrigter Felipe Contepomi het die 21-jarige nuweling-vleuel, Santiago Pernas, as Orlando se plaasvervanger opgeroep. Pernas het skitterend vertoon in Super Rugby Americas en is aangewys as die seisoen se beste agterspeler in die liga.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-64-sent teen die dollar, 19-rand-64-sent teen die euro en 23-rand-27-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 58-duisend-882-dollar-95-sent. Die prys van goud is twee-duisend-586-dollar-72-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 71-dollar-98-sent per vat.
# Ten slotte: Michael en Janet Jackson se broer Tito is oorlede. Hy was 70. Tito Jackson was saam met sy broers Jackie, Jermaine, Marlon en Michael, lid van die popgroep The Jackson 5. Michael is in 2009 dood. Die groep het in die 1970’s verskeie nommer-eentreffers opgelewer, soos ABC en I Want You Back, en is in 1997 in die Rock & Roll-heldesaal opgeneem. Tito se seuns, Taj, Taryll en TJ, sê hul pa was ‘n ongelooflike man wat vir almal omgegee het.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….