Nuus 13:00
BULLETIN 14 September 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Minister Nzimande vra die verering van Pravin Gordhan se nalatenskap in die stryd teen staatskaping
# Minister Lamola moedig globale optrede aan om die Gaza-volksmoord te beëindig
# En, sokker: Cristiano Ronaldo maak geskiedenis met een-miljard sosiale media-bewonderaars
# Die minister van Wetenskap, Tegnologie en Innovering, Blade Nzimande, moedig die regering aan om die nalatenskap van wyle Pravin Gordhan te vereer deur die stryd teen staatskaping voort te sit. Nzimande het op Newzroom Afrika gepraat oor Gordhan se teenstand teen grootskaalse korrupsie tydens Jacob Zuma se presidentskap waarby die Guptas betrokke was. Die minister beskryf hom as manmoedig en instrumenteel in die transformasie van die Inkomstediens in ‘n wêreldklas organisasie:
# Die minister van Internasionale Betrekkinge, Ronald Lamola, het ‘n einde gevra aan die volksmoord in Gaza tydens die jaarlikse wetgewende konferensie van die Congressional Black Caucus Foundation in Washington. Hy herbevestig Suid-Afrika se steun vir Palestina, en moedig die wêreld aan om te verenig teen Israel en druk uit te oefen vir ‘n Palestynse staat. Lamola beklemtoon die belangrikheid van voorspraak vir menseregte in Gaza:
# Die adjunkminister van Water en Sanitasie David Mahlobo het aangekondig die Lesotho Hoogland-waterprojek se tonnels sal van 1 Oktober tot 31 Maart 2025 gesluit wees vir onderhoud en herstelwek. Die sluiting raak die Vrystaat, Mpumalanga, dele van Gauteng en Noordwes. Die minister gee die versekering maatreëls is ingestel om voldoende watervoorraad te verseker en moedig gemeenskappe aan om water te bespaar:
# Buitelanders, onder wie drie Amerikaners en ‘n Brit, is onder 37 mense wat deur ‘n militêre hof in die Demokratiese Republiek die Kongo ter dood veroordeel is vir hulle rol in ‘n mislukte staatsgreep. Ses mense is dood in die aanval op 19 Mei, gelei deur die opposisiefiguur Christian Malanga en ‘n bondgenoot van president Félix Tshisekedi. Altesaam 50 mense staan tereg. Die 37 wat tot dusver gevonnis is, is skuldig bevind aan strafregtelike sameswering, terrorisme en ander aanklagte.
# En, sokker: Die voorspeler van Portugal Cristiano Ronaldo het nou meer as een-miljard navolgers op al sy sosiale mediarekenings. Hy is glo die eerste mense wat dié prestasie behaal, aangehelp deur sy nuut-aangekondigde YouTube-kanaal, wat reeds meer as 60-miljoen intekenare in net drie weke het. Ronaldo het onlangs die 900ste doel van sy loopbaan aangeteken en Portugal gehelp om Kroasië in die Nasiesbeker met 2-1 te klop. Sy klub Al-Nassr speel Vrydag gasheer vir Al-Ahli in die Saoediese beroepsliga.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….