Nuus 13:00
BULLETIN 1 September 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die MK-party rou oor die verlies van ses lede in ‘n noodlottige taxi-ongeluk
# Die SAPD-gedenkdag vereer gevalle lede
# En, Siya sê die Bokke was nooit paniekerig in die riller teen die All Blacks nie
# Die MK-party rou oor die verlies van ses lede in KwaZulu-Natal, wat gister tragies dood is in ‘n brandende taxi terwyl hulle op pad was na ‘n viering in Nkandla. Die woordvoerder Nhlamulo Ndhlela sê die party het beloof om die families in hierdie moeilike tydperk te steun. Hy sê die party salueer die dapperheid van die gestorwe lede:
# Die Suid-Afrikaanse Polisiediens hou sy jaarlikse Gedenkdag om 39 lede te vereer wat tussen April 2023 en Maart 2024 aan diens dood is. Hulle name sal gegraveer word op die Gedenkmuur by die Uniegebou. Die minister van Polisie Senzo Mchunu sê sy ministerie is verbind tot ‘n afname in misdaad, die professionalisering van die SAPD, die verbetering van misdaadbestrydingstegnologie en die geestesgesondheid van lede:
# VN-agentskappe en plaaslike gesondheidsamptenare in Gaza stuur ‘n ambisieuse veldtog van stapel om 640-duisend kinders teen polio in te ent. Die projek maak staat op ‘n reeks gelokaliseerde opskortings in gevegte tussen Israeli magte en Hamasvegters, met die eerste geleentheid wat vir vandag beplan word. Die Wêreldgesondheids-organisasie sê om doeltreffend te wees moet minstens 90-persent van kinders onder tien in ‘n kort tydperk ingeënt word. Die eerste bevestigde poliogeval in 25 jaar is onlangs in Gaza ontdek. ‘n VN-kenner sê meer kinders is na verwagting besmet.
# Rugby: Springbokkaptein Siya Kolisi het die teenwoordigheid van gees van sy spanmaats geloof in die indrukwekkende terugvegpoging gister vir ‘n 31-27 Rugby Kampioenskap-oorwinning oor Nieu-Seeland op Ellis Park. Die Bokke was tien punte agter voordat drieë deur die plaasvervangers Kwagga Smith en Grant Williams die keerpunt was. Kolisi, wat die veld verlaat het met ‘n kopbesering en vermoedelik ‘n gekraakte wangbeen, het na die tyd gesê hule was nooit paniekerig toe hulle agter was nie. Afrigter Rassie Erasmus het ook die spelers se vasberadenheid geprys teen ‘n Nieu-Seelandse span wat die wedstryd baie lank beheer het.
# En ten slotte, die voormalige Mej Suid-Afrika-deelnemer, Chidimma Adetshina, is gekroon as Mej Heelal Nigerië 2024. Adetshina, wat onttrek het aan die Mej Suid-Afrika-kompetisie weens kommer oor haar nasionaliteit, het 25 ander deelnemers uitgestof in die grand finale in Lagos. As die Mej Taraba-verteenwoordiger, sal Adetshina 112-duisend-rand in kontant en ander pryse kry. Sy sal ook Nigerië verteenwoordig by die Mej Heelal-skouspel in Meksiko op 16 November. Adetshina is in Soweto gebore, maar het verbintenisse met Nigerië se Enugu-staat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….