Nuus 13:00
BULLETIN 31 Augustus 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Eskom vier 156 dae van ononderbroke kragvoorsiening
# Minister Chikunga vra optrede teen tienerswangerskappe en geslagsgeweld
# En rugby, Libbok maak sy buiging vir Westelike Provinsie teen die Pumas
# Eskom het sedert Maart vanjaar gesorg vir 156 agtereenvolgende dae sonder enige beurtkrag. Die nutsmaatskappy het reg deur die winter vanaf April ‘n bestendige elektrisiteitsvoorraad volgehou. Eskom se vooruitsig vir die somer van 2024-2025 dui op ‘n seisoen sonder beurtkrag danksy strukterele verbeterings. Woordvoerder Daphne Mokoena sê daar was oor die afgelope week ‘n gemiddelde energiebeskikbaarheidsfaktor van 67-persent, met sleutelstasies wat teen meer as 70-persent presteer het:
# Die minister in die Presidensie vir Vroue, die Jeug en Mense met Gestremdhede, Sindisiwe Chikunga, is bekommerd oor toenemense tienerswangerskappe, geslagsgeweld en vrouemoord. Sy het gepraat tydens die wetgewer in Mpumalanga se Vroueparlement in Mbombela en ‘n beroep op die regstelsel en die gemeenskap gedoen om op te tree oor die kwessies. Die minister beloof haar departement is toegespits op voorkomende maatreëls teen maatskaplike euwels:
# Solidariteit het kommer uitgespreek oor die beplande verlies aan meer as twee-duisend-400 onderwysposte in die Wes-Kaap, en blameer die swak bestuur van die Departement van Basiese Onderwys daarvoor. Johnell Prinsloo van die instituut waarsku die besluit sal die onderwysstelsel se huidige krisis vererger, wat reeds swaar gebuk gaan onder onderwysertekorte en leerders wat sukkel. Sy beklemtoon die behoefte aan die beskerming van die onderwyssektor:
# Twee passasiers wat ‘n vreemdeling se huilende kleinkind in die badkamer van ‘n vliegtuig toegesluit het om die kleuter glo op te voed het woede in China veroorsaak. ‘n Video van die voorval het dié week vinnig versprei nadat een van die twee betrokke vroue dit op Chinese sosiale media geplaas het, Dit wys die twee vroue in die toegesluite badkamer saam met die snikkende meisietjie, wat omtrent ‘n jaar oud is. Die kind het saam met haar grootouers gereis en het onophoudend gehuil tydens die vlug van drie uur. Die lugdiens het later verskoning gevra oor die voorval en die gedrag van die twee passasiers veroordeel.
# En, rugby: Springbok-losskakel Manie Libbok maak môre sy buiging vir die Westelike Provinsie in die Curriebeker-kragmeting teen die Pumas in Stellenbosch. Saam met Libbok in die Danie Craven-stadion is plaasvervangers Joseph Dweba, Brian le Roux en Dave Ewers wat ook die eerste keer die blou-en-wit gestreepte trui oor die kop trek. Stut Steven Kitshoff, senters Wandisile Simelane en Damian Markus, skrumskakel Imad Khan, flank Hendré Stassen, slotte Gary Porter en Adré Smith, en haker JJ Kotze keer almal terug na die opdrafspan.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….