Nuus 13:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 14 Augustus 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Vryemarkstigting vra die regering om aandag te gee aan Suid-Afrika se werkloosheidskrisis
# Amerika werk steeds aan planne om die spanning in die Midde-Ooste te verlig
# En Olimpiese Spele: Tatjana Smith is oorweldig deur ‘n ruimhartige ondersteuner met haar terugkeer uit Parys
# Die Vryemarkstigting sê Suid-Afrika se jongste werksyfers beklemtoon die behoefte aan dringende optrede om werkskepping te bevorder. Die stigting het na afloop van Statistieke Suid-Afrika se jongste kwartaallikse Arbeidsmag-opname die regering van nasionale eenheid gevra om regulasies te laat vaar wat werkskepping benadeel. Beleidsbeampte Zakhele Mthembu is ten gunste van die Werksoeker-uitsluitingsertifikaat om werkloses te help en ‘n dinamiese werksomgewing te skep:
Stygende elektrisiteitspryse vererger intussen die gaping tussen ryk en arm gebiede. Na die styging van 60-persent is inwoners in Johannesburg se arm dele soos Yeoville slegter af terwyl welgestelde buurte sonpanele aanbring om koste te besnoei. Tracy Ledger van die Navorsingsinstituut vir Openbare Sake sê die koste van City Power se nuwe meters vir voorafbetaalde krag, en diensfooie plaas verdere druk op lae-inkomste-huishoudings. Kritici sê munisipale wanbestuur en ondoeltreffende programme vir gratis elektrisiteit vererger ongelykhede en baie arm inwoners trek nie voordeel uit beloofde subsidies nie.
# Die Gautengse Hooggeregshof het beslis die provinsiale regering moet sowat 500-miljoen-rand aan die perdewedrenbedryf betaal. Die hof het bevind dat hy onwettig ‘n noodsaaklike weddenskapheffing opgeskort het. Die bevel vereis dat die regering die heffing weer moet instel, wat plaaslike wedrenmaatskappye bevoordeel en moontlik ook ander ander maatskappye in Suid-Afrika. Dié beslissing volg na die regering nie geslaag het met sy appèl in die langdurige geskil met Phumele Gaming and Leisure nie.
# Amerika sê hy werk steeds aan planne om die spanning in die Midde-Ooste te verlig. Iran het aangedui hy is van plan om terug te slaan teen Israel vir die beweerde sluipmoord op die Hamas-leier, Ismail Haniyeh, in Teheran. Hamas en Teheran gee Israel die skuld vir die moord, maar Israel het nie enige betrokkenheid erken of ontken nie. Amerika se ambassadeur by die Verenigde Nasies, Linda Thomas-Greenfield, sê ‘n streekskonflik is nie onafwendbaar nie:
# Olimpiese Spele: Die beste Suid-Afrikaanse Olimpiese atleet ooit, Tatjana Smith, is oorweldig deur ‘n ruimhartige ondersteuner toe sy en Span Suid-Afrika uit Parys teruggekeer het. ‘n Vrou het haar ‘n 100-rand-noot gegee om sjokolade te koop, gesê sy is lief vir haar en wens sy kon haar meer geld gee. Die twee vroue het saam vir ‘n foto geposeer en Smith het die geskenk met dank aanvaar. Sy het haar twee medaljes in Parys gevoeg by die twee wat sy in Tokio gewen het.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-6-sent teen die dollar, 19-rand-91-sent teen die euro en 23-rand-20-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 60-duisend-890-dollar-5-sent. Die prys van goud is twee-duisend-474-dollar-18-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 81-dollar-17-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….