Nuus 13:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 12 Augustus 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# ‘n Uitbreiding van die gratis basiese kragvoorsieningsprogram word aangekondig
# AZAPO doen ‘n beroep vir ‘n verbod op skoonheidskompetisies
# En, krieket: Engeland se kaptein, Ben Stokes, word beseer voor die toetsreeks teen Sri Lanka
# Die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramakgopa, het planne aangekondig om die gratis basiese kragvoorsieningsprogram vir agt miljoen Suid-Afrikaanse huishoudings te versnel. Slegs twee-miljoen van die tien-miljoen huishoudings wat kwalifiseer het toegang. Ramakgopa het die behoefte beklemtoon om diensleweringsuitdagings en munisipale registrasiekwessies aan te pak ten einde dekking doeltreffend uit te brei:
# Die Azanian People’s Organisation sê nou dat die sage van die Mej Suid-Afrika-deelnemer, Chidimma Adetshina verby is, herhaal hy sy beroep vir ‘n verbod op alle skoonheidskompetisies. AZAPO se woordvoerder, Jabu Rakwena, sê skoonheidskompetisies voeg nie waarde toe tot die samelewing nie. Hy sê die bevordering van gemeenskapskwessies en liefdadigheidsdoelstellings kan steeds bereik word, sonder om jong vroue aan sulke trauma en onsekerheid bloot te stel om te weet wat die verwagtings van die beoordelaars sal wees:
# Die DA sê die stelselmislukkings van die Gautengse Departement van Infrastruktuurontwikkeling kniehalter dienslewering. Volgens die departement se vierde kwartaalverslag vir die 2023/’24-boekjaar het hy onreëlmatige, verkwistende uitgawes van 111-miljoen-rand en 7,9-miljoen-rand aangegaan. Nico de Jager van die DA sê projekvertragings, verkrygingsonreëlmatighede en swak beplanning het kenmerkend van die departement geword:
# Krieket: Kommer heers oor Engeland se beseerde kaptein, Ben Stokes, in aanloop tot die toetsreeks teen Sri Lanka wat volgende week begin. Hy is gister tydens The Hundred op Old Trafford van die veld gedra nadat hy beseer is terwyl hy vir die Northern Superchargers gekolf het teen Manchester Originals. Stokes is ná die wedstryd op krukke opgemerk en sal vandag ‘n skandering ondergaan om die omvang van die besering te bepaal. As hy nie beskikbaar is nie, sal onderkaptein Ollie Pope moontlik die span aanvoer.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-22-sent teen die dollar, 19-rand-90-sent teen die euro en 23-rand-24-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 58-duisend-446-dollar-67-sent. Die prys van goud is twee-duisend-444-dollar-8-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 80-dollar-6-sent per vat.
# En ten slotte: Disney het 14 kunstenaars as legendes vereer. Dit sluit in akteurs soos Harrison Ford en Angela Bassett, die sangeres Miley Cyrus en die regisseur James Cameron. Die maatskappy sê die kunstenaars het ʼn groot uitwerking gehad op Disney se nalatenskap. In die verlede is Christina Aguilera, Stan Lee, Betty White en Oprah Winfrey ook vereer. Disney het nog ses mense vereer wat agter die skerms betrokke is en tot baanbrekerflieks, -kuns en Disney-ervarings bygedra het. Dit sluit die Oscar-wenner en kostuumontwerper, Colleen Atwood, en die bekende animasie-kunstenaar Mark Henn in.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….