Nuus 13:00
BULLETIN 3 Augustus 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die SAKP vra vir ‘n verandering in monetêre beleid
# Gauteng Gesondheid vra vir ondersteuning met hul massa-maselsinentingsveldtog
# En Oekraïnse hommeltuigaanval veroorsaak ’n brand by ‘n oliedepot in Sochi
# Die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party vra vir die dringende herposisionering van die Suid-Afrikaanse Reserwebank om ‘n ontwikkelingsrol vir die staat te speel. Die SAKP-woordvoerder, Mbulelo Mandlana, sê indiensneming moet uitdruklik as deel van sy mandaat ingesluit word en hy moet aanspreeklik wees vir die mislukking om sy grondwetlike mandaat te bereik om gebalanseerde en volhoubare groei te verseker. Hy sê die Reserwebank het verklaar hy neem ‘n meer konserwatiewe standpunt in binne die eng beleid van inflasieteikens:
# Die Gautengse Gesondheidsdepartement doen ‘n beroep op afgetrede en werkende verpleegpersoneel, data-insamelaars en gemeenskapslede om vrywillig aan te sluit by die provinsie-wye Masels en Duitse Masels-massa-inentingsveldtog. Die woordvoerder, Motalatale Modiba, sê die veldtog sal van Dinsdag tot 12 September duur en sal gerig wees op die meer as 4-miljoen kinders in skole, crèches en gemeenskappe in al vyf gesondheidsdistrikte in die provinsie. Hy sê meer as 370 bevestigde gevalle is sedert Januarie vanjaar aangeteken:
# Die MK-party se vroueliga het die wrede aanranding van die 16-jarige, Thapelo Motha, ‘n leerder aan die Thuto Lesedi Secondary School in Vosloorus, veroordeel. Lindi Mtshali van die liga sê volgens sy ma, Nomthandazo Ndaba, is Thapelo op 23 Julie aangeval deur ‘n groep seuns wat na bewering sy skooltas wou steel. Sy sê Thapelo se neus is gebreek en hy het ‘n ernstige oogbesering opgedoen in die aanval:
# ‘n Reusebrand by ‘n oliedepot naby Rusland se Swartsee-oord Sochi, is volgens Russiese owerhede die gevolg van ‘n Oekraïnse hommeltuigaanval. Sochi se nabygeleë lughawe het lugverkeer opgeskort. Rusland se ministerie van Verdediging sê sy lugverdediging het oornag 93 Oekraïnse hommeltuie onderskep, waarvan 60 oor die Swartsee-streek was. Oekraïne se lugmag sê Rusland het oornag 76 hommeltuie en sewe missiele afgevuur, waarvan 61 afgeskiet is. Dit volg na ‘n dodelike week vir burgerlikes in Oekraïne, insluitend Donderdag se aanval op Kyiv waarin minstens 3 mense dood is.
# En laastens sportnuus:
# Tennis: Die Kanadese tiener Victoria Mboko het Saterdag die top-gekeurde Amerikaner Coco Gauff geklop en die tuisskare laat juig toe sy die kwarteindronde van die WTA 1000-toernooi in Montreal gehaal het. Die 18-jarige promotorskeuse het al vier breekpunte behou en die drie keer deurgebreek teen die heersende Franse Ope-kampioen Gauff, op pad na ‘n oortuigende oorwinning in slegs 62 minute. Mboko het die seisoen as 333ste in die wêreld begin en het haar pad oopgespeel tot 85ste. Die oorwinning oor Gauff is die grootste van haar loopbaan.
# En rugby: Die Britse en Ierse Leeus se afrigter, Andy Farrell, sê hul uitmergelende Australiese toer was “‘n absolute plesier” ten spyte daarvan dat hulle nie daarin kon slaag om ‘n skoonskip reeksoorwinning te behaal nie. Die Leeus het ses weke gelede in Perth aangekom as die gunstelinge teen ‘n Wallabies-span wat tot agtste in die wêreld teruggesak het. Die Wallabies, wat steeds herstel van ‘n afgryslike 2023 Wêreldbeker, het die tweede toets in Melbourne naelskraap met 29-26 verloor, voordat hulle die Leeus gsiter met 22-12 in Sydney geklop het. Die Wallabies het nou twee weke voor hulle Rugbykampioenskap-veldtog begin met agtereenvolgende toetse teen wêreldkampioene Suid-Afrika.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….