Nuus 13:00
BULLETIN 27 Julie 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Agt mense is by ‘n kroeg in Kanana, Noordwes, doodgeskiet
# Minister Schreiber wil die oppergesag van reg herstel na die arrestasie van 95 Libiërs in Mpumalanga
# En, ‘n Peiling toon agt uit tien Suid-Afrikaners verkies openbare vervoer bo privaat vervoer
# Agt mense is dood nadat vier verdagtes vroeg vanoggend lukraak skote by ‘n kroeg in Kanana-uitbreiding 13 naby Orkney in Noordwes afgevuur het. Die woordvoerder van die polisie, Sabata Mokgwabone sê die verdagtes het glo by die kroeg opgedaag, vir Basotho gesoek, en toe lukraak skote geskiet wat agt mense, insluitend twee vroue, noodlottig gewond het. Verskeie ander mense word vir skietwonde behandel:
# Die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, sê sy departement beplan om die oppergesag van die reg in die land te herstel na die arrestasie van 95 Libiërs by ‘n onwettige militêre opleidingsbasis in Witriver, Mpumalanga. Die woordvoerder van die departement, Siya Qosa, sê na ‘n groot gesamentlike operasie van Binnelandse Sake, die polisie en ander wetstoepassingsowerhede, is die departement gereed om toe te sien dat enigiemand wat die immigrasiewette oortree, in die hof vervolg word. Hy voeg by Suid-Afrikaanse wette moet respekteer word, of oortreders sal die gevolge dra:
# Die Verenigde Nasies se Opvoedkundige, Wetenskaplike en Kulturele Organisasie het Wêrelderfenisstatus aan drie belangrike Middel-Steentydperkterreine in Suid-Afrika toegeken. Diepkloof Rotsskuiling, Pinnacle Point-terreinkompleks in die Wes-Kaap en Sibhudu-grot in KwaZulu-Natal is erken as gevolg van hulle belangrikheid om vroeë menslike gedrag te begryp. Die LUR vir Kultuursake en Sport in die Wes-Kaap, Ricardo Mackenzie, het die noukeurige bewaring van hierdie terreine deur internasionale spanne kenners geloof:
# Olimpiese Spele: Daar was gisteraand rooi gesigte in Parys na Suid-Korea se atlete foutiewelik by die openingseremonie as Noord-Korea aangekondig is. Terwyl die Suid-Koreaanse span op die Seine-rivier op ‘n vragboot afgedryf het, het beide Franse en Engelse kommentators hulle as die “Democratic People’s Republic of Korea” – die amptelike naam van Noord-Korea – bekendgestel. Dieselfde naam is korrek gebruik toe die Noord-Koreaanse afvaardiging verbygeseil het. Die organiseerders van Spele het groot om verskoning gevra.
# En ten slotte: ‘n Peiling deur PwC het onthul agt uit tien Suid-Afrikaners sal openbare vervoer verkies mits die infrastuktuur verbeter. Pendelaars word frustreer deur toenemende verkeersknope, die styging in die koste van privaat vervoer en padveiligheid, waaronder slaggate. Die TomTom-verkeersindeks 2023 toon spitsverkeerspoed is gemiddeld 43-kilometer-per-uur in groot metro’s soos Johannesburg en Kaapstad. Daarby is daar al hoe meer belangstelling in elektriese voertuie met hulle pryse wat afneem. Die noem ook kommer oor die stygende lewenskoste en politieke onsekerheid.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….