Nuus 13:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 24 Julie 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Verskeie leerders aan die Pretoria High School for Girls word geskors weens bewerings van rassisme
# Nog baie werk moet gedoen word voor die instelling van die tweepot-aftreestelsel
# En, rugby: Die Springbok-senter André Esterhuizen is vir drie wedstryde geskors ná sy rooikaart teen Portugal
# Die Gautengse Onderwysdepartement sê sowat 12 leerders van die Pretoria High School for Girls is geskors oor beweerde rassisme. Die departement se woordvoerder, Steve Mabona, sê die skool het die Tshwane Suidelike Distrik in kennis gestel oor ‘n beplande betoging van ‘n groep leerders. Hy sê dit is skynbaar veroorsaak deur beweerde rasse-konnotasies, mikro-aggressie en klagtes oor swart leerders wat op ‘n Whatsapp-groep bestaande uit wit leerders geplaas is:
# Aansienlike werk lê nog voor voor die inwerkingstelling van die tweepot-aftreestelsel op 1 September, ondanks die onlangse ondertekening van die Wysigingswetsontwerp op Pensioenfondse. Michelle Acton van Ou Mutual wys op die behoefte aan administratiewe gereedheid en integrasie met die Inkomstediens. Die aanvanklike instellingsberekenings en fondswysigings word ook as deurslaggewend beskou vir uitbetalings. Terwyl sommige fondse voorbereid is, kan vertragings met die indien van reëlwysigings aan die Gedragsowerheid vir die Finansiële Sektor onttrekkings in die wiele ry.
# Die Departement van Water en Sanitasie sê die regering fokus op belegging in bykomende infrastruktuur vir nasionale waterhulpbronne. Hulle skep ook bewustheid om water spaarsaam te gebruik, en verbeter munisipale water- en sanitasiedienste. Die departement se woordvoerder, Wisane Mavasa, sê hulle maak goeie vordering om oponthoude te verwyder en infrastruktuur-projekte te bespoedig:
# Rugby: Die Springbok-senter André Esterhuizen is vir drie wedstryde geskors ná sy rooikaart in die toets teen Portugal in Bloemfontein. Sy geelkaart vir ‘n kopstamp in ‘n plettervat op José Lima is na ‘n hersiening aangepas na rooi. Esterhuizen is vir vier weke geskors, maar dit word tot drie weke veminder indien hy Wêreldrugby se ingrypingskursus voltooi. Hy sal die skorsing tydens die Curriebekerkompetisie uitdien nadat hy uit die Rugbykampioenskaps-toer na Australië gelaat is, maar sal vir die kragmetings met die All Blacks beskikbaar wees.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-33-sent teen die dollar, 19-rand-87-sent teen die euro en 23-rand-64-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 66-duisend-340-dollar-21-sent. Die prys van goud is twee-duisend-412-dollar-25-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 81-dollar-68-sent per vat.
# En ten slotte: Die 82-jarige Lumka Koyana het haar eerste boek, Good, Bitter, Best, bekendgestel. Sy was getroud met ‘n gewese dosent in Romeinse Reg aan die Universiteit van Fort Hare, wyle Beresford Svatho Koyana. Die boek is 25 jaar gelede na haar aftrede geskryf. Sy vertel daarin van haar grootouers wat haar in Healdtown grootgemaak het, haar reis na verpleging, haar loopbaanverandering na die onderwys en die uitdagings toe sy op 33 ʼn weduwee word. Koyana sê sy het die boek geskryf om enkel-ma’s, weduwees en jong beroepslui te inspireer.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….