Nuus 13:00
BULLETIN 21 Julie 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die ANC-sekretaris-generaal kap die opposisie-retoriek oor versaking
# GIWUSA kritiseer president Ramaphosa se toespraak as leë beloftes
# En, atletiek: Lyles wen die laaste 100-meter voor die Olimpiese Spele in ‘n persoonlike beste tyd
# Die sekretaris-generaal van die ANC Fikile Mbalula kritiseer opposisiepartye wat die ANC beskuldig dat hy Suid-Afrikaners uitverkoop het met die vorming van die regering van nasionale eenheid. Mbalula sê die mandaat van die ANC bly om die belange van Suid-Afrikaners te verteenwoordig. Hy beklemtoon die ANC het sleutelportefeuljes behou en is bereid om met ander partye saam te werk:
# Die algemene werkersvakbond, Giwusa, maak president Cyril Ramaphosa se toespraak af as ‘n ou lys van leë beloftes. Die woordvoerder Koketso Phasha sê daar was niks konkreet vir werkers nie en geen toewyding aan die vermindering van voortdurende privatisering nie. Hy sê die president het geen vaste planne voorgelê teen die lewenskostekrisis nie, wat aangevuur word deur finansialisering, ont-industrialisering en toegepaste pryse van elektrisiteit en brandstowwe:
# Die Nasionale Vervalste Goedere-eenheid het, saam met sy misdaadbestryingsvennote, meer as agt-miljoen-rand se nagemaakte goedere by ‘n winkelsentrum in Fordsburg, Johannesburg, in beslag geneem en 18 verdagtes arresteer. Die polisiewoordvoerder Amanda van Wyk sê die operasie het afgekom op tien-duisend vervalste items en onwettige selfoontoebehore. Daar is onwettige buitelanders onder die verdagtes, met een wat ook te doen het met kubermisdaadaanklagte.
# ‘n Lid van die Demokratiese Party in Amerika beweer sy “vriend” Joe Biden het hom nie verlede maand nie by ‘n geleentheid herken nie. Seth Moulton, die verteenwoordiger van ‘n distrik in Massachusetts, sê dit het gebeur op die 80ste D-Dagherdenking in Normandië. Hy noem dit ‘n verpletterende besef en sê hy dink nie meer Biden kan die presidensiële stryd wen nie. Moulton is die derde Demokraat in die Huis wat vra die 81-jarige leier moet sy veldtog beëindig. Hy is onder 35 Demokrate wat nou gevra het Biden moet die stryd gewonne gee.
# En, atletiek: Die Amerikaner Noah Lyles het sy posisie verstewig by die Olimpiese Spele in Parys met ‘n persoonlike beste tyd in die 100-meter, wat hy gister op ‘n Diamantligabyeenkoms gewen het. In die laaste naelloopitem voor die Spele het Lyles blitsig weggespring en die baan by die Londense Stadion aan die brand gehardloop in ‘n tyd van 9,81-sekondes. Die Suid-Afrikaner Akani Simbine het sy beste tyd van die seisoen aangeteken met 9,85-sekondes in die tweede plek, terwyl Letsile Tebogo van Botswana ook op die podium was met 9,88-sekondes, wat sy eie nasionale rekord ewenaar.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….