Nuus 13:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 8 Julie 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# ‘n Koue front gaan die grootste dele van Gauteng tref
# Minister Ramokgopa sê ladingsvermindering is ‘n munisipale probleem en nie ‘n Eskom-kwessie nie
# En, rugby: Frankryk skors die heelagter Melvyn Jaminet na rassistiese opmerkings
# Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê ‘n koue front gaan hierdie week dele van Gauteng tref en lae temperature en reën tot gevolg hê. Dit volg nadat ʼn reeks koue fronte ander dele van die land die naweek getref het. Die woordvoerder van Johannesburg se nooddienste, Robert Mulaudzi, sê hulle is gereed om veral inwoners in plakkerskampe te help omdat hulle die kwesbaarste is:
# Die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa, sê ladingsvermindering het ‘n groot kwessie in dele van Suid-Afrika geword, al is daar reeds meer as 100 dae geen beurtkrag nie. Hy het dit duidelik gemaak dat ladingsvermindering ‘n munisipale kwessie is en nie Eskom se probleem nie. Hy skryf die kragonderbrekings toe aan munisipaliteite se gebrekkige belegging, swak beplanning en onvoldoende instandhouding van infrastruktuur. Ramokgopa het benadruk plaaslike owerhede is verantwoordelik vir betroubare kragvoorsiening:
# Die EFF in Gauteng sê hy is oorgehaal om die inwoners doeltreffend te verteenwoordig in die opposisiebanke van die provinsiale wetgewer. Premier Panyaza Lesufi het uiteindelik verlede week sy kabinet aangekondig. Die ANC is in beheer met sewe van die belangrikste portefeuljes en die IVP, die Patriotic Alliance en RISE Mzansi het een elk. Die EFF se provinsiale voorsitter, Nkululeko Dunga, sê die partye in die wetgewer beklee slegs 33 setels, wat ver is van ‘n volstrekte meerderheid:
# Rugby: Die Franse heelagter Melvyn Jaminet is geskors nadat hy ʼn video met ʼn rassistiese opmerking op sosiale media geplaas het. Die 25-jarige speler het Saterdag in Mendoza van die bank af gekom tydens Frankryk se oorwinning oor Argentinië. Die Franse Rugbyfederasie veroordeel die opmerking as onaanvaarbaar en strydig met die basiese waardes van die sport. Jaminet het verskoning gevra en sê hy verstaan sy opmerking het mense seergemaak en aanstoot gegee. Hy voeg by rassisme in enige vorm is onaanvaarbaar.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-19-sent teen die dollar, 19-rand-72-sent teen die euro en 23-rand-32-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 57-duisend-721-dollar-9-sent. Die prys van goud is twee-duisend-372-dollar-83-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 85-dollar-72-sent per vat.
# Ten slotte: Die waarde van die kripto-eenhede wat in die eerste ses maande van 2024 wêreldwyd gesteel is het meer as verdubbel. Die blok-ketting-navorsers TRM Labs berig krakers het teen Junie meer as 25-miljard-gesteel, aangevuur deur groot aanvalle en stygende kriptopryse. Die gemiddelde diefstalomvang het sedert verlede jaar 1.5-keer toegeneem. Ari Redbord van TRM Labs maak melding van groter motivering vir kubermisdadigers weens toenemende kriptowaarde.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….