Nuus 13:00
BULLETIN 8 Junie 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Vloedslagoffers in Nelson Mandelabaai word verskuif na beter behuising
# Agt mense is aangekeer in Gautengse dwelmlaboratorium-klopjag
# En, rugby: Die Stormers weet wat om van Glasgow Warriors te verwag
# Die minister van Menslike Nedersettings, Mmamoloko Kubayi, het bekendgemaak vloedslagoffers in Nelson Mandelabaai word van skuilings na behoorlike behuising verskuif. Volgens Kubayi gee dit die regering die geleentheid om tydelike strukture op te rig vir hervestiging. Die vloede het meer as drie-duisend mense in die metro geraak. Sy verduidelik voorkeur word gegee aan gesinne met klein kinders, moeders, ouer persone en diegene met gestremdhede:
# Die polisie in Gauteng het agt verdagtes in ‘n laboratorium in Alberton, Ekurhuleni, aangekeer wat dwelms ter waarde van miljoene raad lewer. Die woordvoerder Brenda Muridili sê lede van die K9-eenheid in Johannesburg, bygestaan deur die Nasionale Teen-narkotika-eenheid, het ‘n lasbrief uitgevoer en op groot hoeveelhede onverwerkte chemikalieë, toerusting om dwelms te vervaardig en dwelms beslag gelê:
# Die Deense eerste minister, Mette Fredriksen, is gisteraand op ‘n plein in Kopenhagen aangeval. Volgens haar kantoor is die man gearresteer en die eerste minister is deur sekuriteit weggeneem. Frederiksen is glo geskok maar geen verdere besonderhede is verskaf nie. Die polisie in Kopenhagen en die nasionale sekuriteit- en intelligensiediens het die voorval bevestig maar nie daarop uitgebrei nie. Die Deense minister van die Omgewing, Magnus Heunicke, het in ‘n plasing op sosiale media gesê die aanval het almal na aan Frederiksen geskok.
# Rugby: Die Stormers weet wat om te verwag wanneer hulle die Glasgow Warriors vandag in Skotland in die kwarteindronde van die Verenigde Rugbykampioenskap pak. Evan Roos kan weens harsingskudding nie speel nie, en die besoekers het ‘n splinternuwe voorry met Brok Harris, Joseph Dweba en Frans Malherbe. Die Stormers se direkteur van Rugby, John Dobson, sê sy span is oorgehaal vir hulle eerste weg-uitklopwedstryd in die kompetisie:
# Om mee af te sluit: Die Apollo 8-ruimtevaarder, Bill Anders, wat een van die beroemdste foto’s in die buitenste ruim geneem het, is dood op die ouderdom van 90. Die ligte vliegtuig met hom aan die stuur het noord van Seattle, Washington, in water neergestort. Anders was ‘n maantuigvlieënier en het die ikoniese ‘Earthrise’-foto gedurende die 1968-sending geneem. Dit toon die planeet wat bo die horison uitstyg bokant die dorre maanlandskap. Anders het dit beskryf as sy belangrikste bydrae tot die ruimteprogram.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….