Nuus 13:00
BULLETIN 25 Mei 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Cosatu is trots op die oorwinnings vir werkers tydens minister Patel se ampstermyn
# ‘n Landbouliggaam sê die hertoedeling van 100 plaas-titel-aktes is ‘n politieke foefie
# En, motorsport: Lando Norris sê enigiets is moontlik in Monaco
# Cosatu sê hy is trots op die oorwinnings wat werkers onder die leierskap van die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Ebrahim Patel, behaal het. Die vakbondfederasie het Patel bedank vir sy diens, nie net aan werkers tydens sy drie termyne nie, maar ook aan die land. Mathew Parks van Cosatu het reageer op Patel se aankondiging dat hy nie na die verkiesing na die regering terugkeer nie:
# Die Suider-Afrikaanse Agri-inisiatief, Saai, sê die honderd titelaktes van hertoegedeelde plase wat die minister van Landbou, Thoko Didiza, aan begunstigdes oorhandig het, sou ‘n belangrike stap gewees het, as dit nie so ooglopend misbruik is as ‘n politieke foefie kort voor die verkiesing nie. Theo de Jager van Saai sê sy organisasie voer sedert 2020 ‘n stryd om die departement te dwing om meer deursigtig, regverdig en eerlik te werk te gaan met die toekenning en kansellasie van huurooreenkomste:
# China waarsku oor ‘n oorlog oor Taiwan en sê dit gaan teenmaatreëls opskerp totdat volledige eenwording bereik is. Chinese magte het militêre oefeninge rondom die selfregerende eiland gehou. Oorlogskepe en vegvliegtuie het Taiwan gister op die tweede dag se oefeninge omsingel, wat volgens Beijing ‘n toets is vir sy vermoë om die eiland te beset, dae nadat sy nuwe president ingehuldig is. China se magte het Donderdag begin met militêre oefeninge van twee dae en Taiwan omsingel met vlootvaartuie en militêre vliegtuie.
# Motorsport: Die Monaco Grand Prix is een van die mees ikoniese wedrenne in Formule Een. F1-renmotors sal weer hierdie naweek deur die nou kinkels en draaie van die beroemde straatbaan in Monte Carlo blits. Lando Norris was Max Verstappen se grootste uitdager in die laaste drie wedrenne met ‘n driekuns op die podium. Norris glo McLaren sal Red Bull in die oorblywende deel van die seisoen die stryd aansê, maar volgens hom kan Monaco onvoorspelbaar wees:
# En om mee af te sluit: Die Chester-dieretuin in Engeland het die aankoms bekendgemaak van ‘n skaars rol-aap-familie, een van die mees bedreigde spesies ter wêreld. Die familie bestaan uit die ouers, Masaya en Grizu, en hulle seuns, Anum en Ilo. Die direkteur vir Diere en Plante, Mike Jordan, is besorg omdat die ape heeltemal kan uitsterf want hulle verloor nagenoeg 90-persent van hulle bevolking weens die verlies aan habitat in Wes-Afrika. Hy het bevestig die familie word deel van ‘n internasionale teelprogram om te voorkom die spesie sterf uit.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….