Nuus 13:00
BULLETIN 27 Julie 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Fikile Mbalula sê bevrydingsbewegings beskik oor die wysheid van die eeue
# Julius Malema bied Nhlanhla Mkhwanazi ‘n pos in die EFF aan
# En die polisie hervat die soektog na Joslin Smith
# Die ANC se sekretaris-generaal Fikile Mbalula sê Afrika se bevrydingsbewegings beskik oor die wysheid van die eeue, gesmee deur gewapende stryd, diplomasie en politieke mobilisering. Mbalula het tydens die Bevrydingsbewegingsberaad in Johannesburg beklemtoon dat ware vryheid nie net met wapens gewen word nie, maar deur eenheid, visie en geloof in geregtigheid. Hy het beklemtoon dat die onwrikbare gees van onderdrukte gemeenskappe hierdie wysheid gevorm het, en dit lei steeds die pad na blywende bevryding en transformasie:
# Die EFF-leier Julius Malema het sy steun toegesê aan die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, en hom aangespoor om vas te staan te midde van druk. Tydens die party se 12de herdenkingsbyeenkoms in Khayelitsha het Malema Mkhwanazi se moed geprys om hoëvlak-korrupsie te ontbloot, insluitend bewerings teen adjunkkommissaris, Shadrack Sibiya, en polisieminister, Senzo Mchunu. Malema sê as Mkhwanazi afgedank word wanneer sy kontrak eindig, is hy welkom om by die EFF aan te sluit:
# Die Wes-Kaapse polisie volg nuwe leidrade op in die soektog na Joslin Smith, wat in Februarie 2024 uit Saldanhabaai verdwyn het. Sedert Vrydag het K-9-eenhede die Middelpos-informele nedersetting gefynkam. Joshlin se ma, Kelly, dien saam met medebeskuldigde Steveno van Rhyn en Jacquen Appollis, lewenslange vonnisse uit, met ‘n appèl wat vir 12-13 Augustus vasgestel is. Die polisie sê die dossier bly oop en versoek om vir speurders ruimte te gee terwyl die ondersoek voortduur.
# Die DA in Gauteng wil hê onwettige straatrenne in voorstede soos Rosebank, Fourways en Midrand moet onmiddellik gestaak word. Michael Sun van die party sê roekelose renne stel onskuldige lewens in gevaar. Hy het verwys na onlangse voorvalle, insluitend ‘n ongeluk op Jan Smutslaan waarin ‘n Uber-bestuurder dood is. Hy eis optrede deur premier Lesufi en stel veilige, gereguleerde alternatiewe vir motorentoesiaste voor:
# Die intelligensie-eenhede van die SAPD en Lesotho-polisie ondersoek bewerings van Lesotho-militêre kampe in Suid-Afrika. Die polisiewoordvoerder Athlenda Mathe sê die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, het met provinsiale polisiehoofde, insluitend die Valke se Misdaad Teen die Staat-eenheid, oor die saak vergader. Sy het die publiek verseker dat nasionale veiligheid ‘n topprioriteit bly en het gevra mense om kalm te bly terwyl die ondersoeke voortduur:
# Gholf: Teen die begin van die vierde rondte van die ISPS Handa Senior Ope by Sunningdale in Brittanje, is Ernie Els in die gesamentlike vierde plek, twee houe agter die voorloper, die Ier, Padaig Harrington. Hy was gelykop agtste, sewe onder baansyfer, en ses houe agter die leier na die derde ronde gister. Els soek sy agtste oorwinning op die Kampioenetoer. Els se landgenote Darren Fichardt en Keith Horne deel die tiende posisie met Cameron Percy van Brittanje, wat ‘n ronde van 6 onder baansyfer 66 voltooi het.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….