Nuus 13:00
BULLETIN 18 Mei 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Drie werkers sterf toe ‘n grondwal ineenstort by ‘n konstruksieterrein in Ballito, KwaZulu-Natal
# ‘n Vistreiler sink aan die Kaapstadse kus, met 9 oorlewendes wat opgespoor is, en 11 vissermanne wat nog vermis word
# En, sokker: Die Fifa-president vra eenheid te midde van wêreldwye konflikte
# ‘n Grondwal het ineengestort by ‘n bouterrein in Ballito, KwaZulu-Natal. Drie werkers is na wat berig word dood en twee is in dié stadium vasgekeer. Berigte lui vyf kontrakteurs was teenwoordig tydens die voorval. Reddingsoperasies is aan die gang om die vasgekeerde werkers uit te kry. Nooddienste is op die toneel. Die oorsaak van die ineenstorting is nog nie vasgestel nie en ondersoeke sal volg.
# ‘n Vistreiler het in die diepsee aan Kaapstad se Atlantiese kus gesink, met ‘n gevolglike soek- en reddingspoging. Die woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut, Craig Lambinon, sê nege van die 20 plaaslike vissermanne is in ‘n reddingsboot aangetref. Hulle is ongedeerd en word deur hulle vismaatskappy versorg. Lambinon sê ‘n uitgebreide lug- en seesoektog duur voort:
# Vandag is die tweede stemdag vir Suid-Afrikaanse expats in 102 lande. Stembusse, wat oop is van sewe-uur die oggend tot sewe-uur saans, hanteer die proses die naweek. Oorsese stemmery het gister begin toe Suid-Afrikaners in nege lande gestem het. Die adjunkhoofverkiesingsbeampte van die OVK, Masego Sheburi sê alles verloop tot dusver glad. Londen, wat Suid-Afrika se grootste oorsese stemwyk is, het ‘n spesiale twee-daagse stemvergunning. Die adjunkhoëkommissaris in Brittanje, Dineo Mathlako, noem egter 100 kiesers het gister gestem ná ‘n misverstand oor die datums.
# Die regering van Suid-Soedan en rebelle-opposisiegroepe het ‘n belofte onderteken vir ‘n vredesverklaring tydens hoëvlak-bemiddelingsamesprekings in Kenia. Die ooreenkoms wil die konflik beëindig wat Suid-Soedan se ekonomie lamlê. Die besonderhede is nie bekendgemaak nie, maar dit is ‘n mylpaal in die voortgesette Tumaini-inisiatiefsamesprekings. Die bemiddellaar en afgetrede Keniaanse spesiale afgevaardigde vir die vredesproses, Lazaro Sumbeiywo, vra die leiers om die vrede te bewaar:
# En, om mee af te sluit, sokker: Fifa-president Gianni Infantino moedig die sport aan om ‘n verenigende mag te wees met konflikte wat wêreldwyd woed. By die beheerliggaam se kongres in Bangkok, Thailand, het Infantino klem geplaas op sokker se rol om eenheid te bevorder. Die pleidooi kom terwyl Fifa regsraad inwin oor ‘n Palestynse voorstel dat Israel geskors word uit internasiomnale sokker. Hy sê die sport wil verenig, nie verdeel nie:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….