Nuus 13:00
BULLETIN 6 Mei 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Agang-SA onderskryf die GOOD-party vir die verkiesing
# ‘n Onderwys-aktivis vra optrede teen skoolgeweld
# En, atletiek: Suid-Afrika se mans-aflosspan kwalifiseer vir die Olimpiese Spele nadat Amerika in die Bahamas oorheers
# Agang-Suid-Afrika steun amptelik die GOOD-party in die verkiesing. Die president van Agang, Andries Tlouamma, het byna ‘n duisend partylede en -ondersteuners toegespreek in Hammanskraal in Tshwane, en hulle aangemoeding om op alle vlakke vir GOOD te stem. Tlouamma beklemtoon GOOD se ooreenstemming met hulle waardes en fokus op aandag aan Suid-Afrika se voortslepende uitdagings. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, onderskryf die toewyding en vra kiesers om verkose amptenare aanspreeklik te hou.
# Die onderwys-aktivis Hendrick Makaneta pleit die regering moet iets doen aan die toenemende geweld in skole. Hy beklemtoon die uitbreiding van geestesgesondheid-steun vir onderwysers en leerders, en vra meer beradingsdienste. Makaneta wys op onlangse voorvalle soos die geweld by Glenvista High School in Johannesburg, wat dui op diepgewortelde geestesgesondheid-uitdagings. Hy vra steun van die gemeenskap en die regering teen ingewortelde kwessies soos armoede en werkloosheid wat bydra tor skoolgeweld:
# AfriForum se Veiligheidstudie-trust sê hommeltuig-opleiding bied nie net ‘n opwindende nuwe rigting vir studente nie, maar is ʼn noodsaaklike vaardigheid wat in die toekoms al belangriker gaan word. Die organisasie het verlede week sy eerste Skerpskut-skietgeleentheid buite Pretoria aangebied. Die geleentheid bied elke jaar aan sowat ʼn dosyn studente toegang tot die snelgroeiende wêreld van hommeltuig-tegnologie asook tientalle loopbaanmoontlikhede. Jacques Broodryk van AfriForum sê die trust slaan ʼn nuwe rigting in met hommeltuig-opleiding:
# Atletiek: Suid-Afrika se vier-maal-400-meter aflosspan het gekwalifiseer vir die Olimpiese Spele tydens die Wêreld-afloskampioenskap in die Bahamas, wat oorheers is deur Amerika. Die Verenigde State het vier uit die vyf goue medaljes gewen. Wayde van Niekerk het Suid-Afrika gehelp om silwer in hulle item te wen, saam met Gardeo Isaacs, Zakithi Nene en Lythe Pillay. Botswana het goud gekry nadat die Amerikaners gediskwalifiseer is, met België derde. Van Niekerk is bly hy kon ‘n bydrae lewer:
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-47-sent teen die dollar, 19-rand-89-sent teen die euro en 23-rand-23-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 65-duisend-271-dollar-89-sent. Die prys van goud is twee-duisend-317-dollar-15-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 83-dollar-63-sent per vat.
# En ten slotte: Sowat 1,6-miljoen aanhangers het ‘n gratis konsert van Madonna bygewoon op Brasilië se beroemde Copacabana-strand. Die vertoning was die laaste konsert op die 65-jarige se Celebration-toer van 80 vertonings regdeur Europa en Noord-Amerika. Madonna het langer as twee uur liedjies soos Like a Prayer, Vogue en Express Yourself gesing. Die Brasiliaanse popkunstenaars Anitta en Pabllo Vittar, asook jonger musikante van samba-skole in Rio de Janeiro, het ook opgetree.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….