Nuus 13:00
BULLETIN 5 Mei 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In dié bulletin:
# Die minister van Polisie onthul die sluiting van vyf-miljoen dossiere sónder uitslag
# Motorsport: Verstappen spring voor weg in Miami ná sy snelren-oorwinning
# En, SANParke se Ere-veldwagters vier 60-jaar se bewaringspogings
# Die minister van Polisie Bheki Cele het kommerwekkende syfers bekendgemaak, en onthul meer as vyf-miljoen dossiere is die afgelope vyf jaar gesluit sónder dat daar uitsluitsel was. Cele skryf dit toe aan ‘n gebrek aan leidrare. Die DA parlementslid Andrew Whitfield kritiseer die onthulling en sê dit lig die mislukking uit van die leierskap van die SAPD. Whitfield sê dit laat slagoffers sónder geregtigheid en striem die polisie as ‘n diens wat nie reageer nie, wat ónderbefonds is en ‘n ernstige gebrek toon aan leierskap en vaardighede.
# Die UDM in die Oos-Kaap kritiseer die provinsiale regering se hantering van leerdervervoerfondse. Die adjunk-sekretaris Bulelani Bobotyane is ontstoke oor betalingsvertragings wat operateurs raak wat 103-duisend leerders vervoer. Uit ‘n begroting van 725-milljoen-rand, is net 120-miljoen-rand bestee, wat die operateurs se lewensmiddelle beperk. Bobotyane eis aanspreeklikheid van die Oos-Kaapse Departement van Vervoer, met gedetailleerde finansiële state:
# Kaapstad se huidige brandseisoen word as die ergste in die stad se geskiedenis beskou. Tydens die herdenking van Brandbestrydersdag het Kaapstad se burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, gesê brandbestryders het dié seisoen reeds op meer as sesduisend brande reageer. Duisende brandbestryders van verskeie distrikte en organisasies is gemobiliseer om brande te bedwing, met duisende liter water wat gebruik is. Smith het brandbestryders geloof vir hul ywer:
# Motorsport: Max Verstappen van Red Bull is in die voorste wegspringposisie in vandag se Miami Grand Prix, nadat hy gister die snelren gewen het. AFP berig die wêreldkampioen en kampioenskap-voorloper, wat dié seisoen vier van die vyf Grand Prix-wedrenne ingepalm het, het nou sy sewende agtereenvolgende voorste wegspringposisie behaal. Charles Leclerc van Ferrari spring tweede weg, met sy spanmaat Carlos Sainz derde, en Verstappen se Red Bull-spanmaat Sergio Perez vierde. Die drie-malige wêreldkampioen Verstappen het die vorige twee Grands Prix in Miami gewen, maar nog nooit vanuit die voorste wegspringposisie nie.
# En, om mee af te sluit: SANParke se Ere-veldwagters vier vandag hulle 60ste herdenking, met talle byeenkomste wat regdeur die jaar beplan word. Die vierings sal uitloop op ‘n week-lange nasionale indaba in die Tuinroete Nasionale Park, van 9 to 14 September. Die organisasie sê hy het sedert 2016 meer as twee-miljoen vrywilliger-ure bygedra, en bates van meer as 515-miljoen-rand, vir bewaring, veldwagtersteun en werk teen stroping. Die uitvoerende hoof, Jimmy Telle, beklemtoon hulle missie om nasionale parke volhoubaar te bestuur en te bevorder.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….