Nuus 13:00
BULLETIN 4 Mei 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Azapo spreek kommer uit oor die toename in familieregsake wat hy waarsku, dui op ‘n wanfunksionele gemeenskap
# City Power begin met rehabilitasiewerk ná die skade aan die M1-brug in Johannesburg
# En, rugby: Die Blitsbokke pak Australië vanmiddag in die kwarteindronde van die Singapoer-sewes
# Die Azanian People’s Organisation is bekommerd oor die aanhoudende styging in familiereg-sake oor die afgelope twee dekades. Die party sê dit dui op uitdagings met die interne oplos van geskille. Azapo sê die styging in huishoudelike geweld, onderhoud-eise en egskeidings onderstreep ‘n afhanklikheid aan regs-meganismes, in plaas van dialoog. Dit oorweldig die howe, wat ontwerp is vir regsoplossings, wat lei tot verhoordatums wat lank uitgestel word. Die party sê die tendens kan instellings, wat die Konstitusionele Hof insluit, ondermyn. Dit bevestig ook die behoefte aan alternatiewe konflik-oplossings-benaderings.
In nóg verkiesingsnuus is die ANC-woordvoerder Mahlengi Bhengu-Motsiri vol vertroue oor die party se verkiesingsvooruitsigte in die Wes-Kaap. President Cyril Ramaphosa lei die veldtog in die DA-vesting, en probeer kiesers oorhaal. Peilings dui aan die ANC sal nie meer as 35-persent van die stemme in die Wes-Kaap kry nie, waar werkloosheid en misdaad hoog op die agenda is. Bhengu-Motsiri meen egter die steun van inwoners dui beslis op ‘n oorwinning:
# City Power-spanne het vandag begin met rehabilitasiewerk by die M1 ná goedkeuring van beide die Johannesburgse pad-agentskap en die nooddienste. Die woordvoerder, Isaac Mangena, sê die fokus is op die verwydering van puin en die beoordeling van die omvang van die skade aan die elektrisiteitsnetwerk, ná die ondergrondse brand onder die M1 naby Smitstraat. Mangena sê, elektrisiteit kon nog nie teruggevoer word na ál die kliënte wat geraak word nie, maar mense sal gereeld ingelig word oor die vordering.
# Die hoof van die Verenigde Nasies, Antonio Guterres, het die belangrikheid herbeklemtoon van ‘n skietstaking in die Gazastrook. Sy oproep kom terwyl ‘n Hamas-afvaardiging voorberei vir indirekte samesprekings in Kaïro. Bemiddelingspogings deur Egipte, Katar en Amerika wil ‘n ooreenkoms bewerkstellig tussen Israel en Hamas vir ‘n skietstaking en die vrylating van gevangenes. Guterres onderstreep die dringendheid van ‘n ooreenkoms en is bekommerd die konflik kan daarsonder vererger. Die samesprekings word binne dae verwag.
# En, laastens, rugby: Die Blitsbokke kom vanmiddag te staan teen Australië in die kwarteindstryd van die Singapoer-sewes, nadat hulle vroeër vir Frankryk 20-19 geklop het in ‘n opwindende wedstryd. Hulle was rustyd reeds 15-nul voor, maar Frankryk het met drie vinnige drieë die voortou geneem, voordat die Bokke in die laaste sekondes seker gemaak het van hulle vierde drie. Fidji het Ierland in nog ‘n wedstryd met 26-19 geklop. Suid-Afrika se vroue is vanoggend met 34-7 deur Japan die loef afgesteek.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….