Nuus 13:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 29 April 13 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Vandag is presies ‘n maand voor die algemene verkiesing
# Die DA in die Wes-Kaap is nie verbaas dat die ANC nie ‘n premierskandidaat aankondig nie
# En, rugby: Glasgow Warriors vervang Leinster bo-aan die Verenigde Rugbykampioenskap-punteleer
# Vandag oor presies ‘n maand is die algemene verkesing op 29 Mei. Nagenoeg 27,8-miljoen stemgeregtigde kiesers maak gereed om hulle kruisie te trek vir die sewende parlement en provinsiale wetgewers. ‘n Rekordgetal 31 politieke partye en onafhanklike kandidate sal na verwagting meeding in die nasionale verkiesing. Die ANC wil sy parlementêre meerderheid behou, maar die jongste Ipsos-peiling dui daarop dat ontevredenheid toeneem weens kwessies soos werkloosheid, korrupsie, misdaad en swak dienslewering.
# Die DA in die Wes-Kaap sê die ANC se herhaalde uitstel om ‘n premierskandidaat aan te kondig, spreek boekdele van die party se interne woelinge. Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, het die naweek tydens ʼn verkiesingsveldtog gesê die regerende party voer nie sy veldtog deur die premierskandidaatposisie nie. Tertuis Simmers van die DA sê die ANC se prestasie tot dusver wek nie hoop en vertroue nie:
# Cosatu sê die DA se belofte in sy verkiesingsmanifes om die nasionale minimumloon te skrap, waarin die lone van ses-miljoen verarmde werkers regoor die ekonomie verhoog word, is ‘n wrede herinnering die party kan nie met werkers se lewens vertrou word nie. Die vakverbond sê die DA se manifes en belofte sal miljoene werkers in algehele armoede dompel. Matthew Parks van Cosatu sê sedert 1994 het die DA in the Parlement gestem teen elke wet wat die werksomstandighede en regte van werkers in die land verbeter:
# Rugby: Glasgow Warriors is die nuwe voorlopers op die VRK-punteleer, nadat hulle Leinster verbygesteek het. Leinster is nou slegs een punt voor die heersende kampioen, Munster, wat agtereenvolgende bonuspunt-oorwinnings in Suid-Afrika behaal het deur die Leeus te klop. Die Bulle lei die Suid-Afrikaanse spanne op die punteleer in die vierde plek, die Stormers is vyfde, die Leeus elfde, en die Sharks in die 13de plek onder die 16 spanne.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-76-sent teen die dollar, 20-rand-8-sent teen die euro en 23-rand-48-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 62-duisend-285-dollar-34-sent. Die prys van goud is twee-duisend-337-dollar-38-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 87-dollar-88-sent per vat.
# Om mee af te sluit: Die Palestynse skrywer, Basim Khandaqji, het gister die Internasionale Prys vir Arabiese Fiksie ontvang vir sy roman, A Mask, the Colour of the Sky, by ‘n geleentheid in Abu Dhabi. Khandaqji het die prysgeld van 937-duisend-rand gewen asook befondsing vir ‘n Engelse vertaling. Khandaqji is sedert 2004 lewenslank in die tronk weens terrorisme vir die beplanning en deelname aan ‘n boomaanval by die Kameelmark in Tel Aviv. Sy boek vertel die verhaal van Nur, ‘n Palestynse argeoloog in ‘n vlugtelingkamp in Ramallah, en beskryf lewe agter die veiligheidsomheining.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….