Nuus 13:00
BULLETIN 27 April 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Thabo Mbeki stel sy ‘ANC Today Letters’ volume een weer bekend
# Die Gaza-oorlog skep 37-miljoen ton se rommel
# En, gholf: Casey Jarvis van Suid-Afrika het ‘n skrale voorsprong in ‘n eindronde in Japan
# Die voormalige president Thabo Mbeki sê die heruitgawe van sy boek, ANC Today Letters, volume een, is baie belangrik want dit sal Suid-Afrikaners help om die jonger geslag aan die denkwyse van die ANC oor ‘n spesifieke tydperk bloot te stel. Mbeki het tydens die boekbekendstelling in Melrose, Johannesburg, gepraat. Hy sê die briewe word beskryf as sou dit van die president wees, maar dit is eintlik briewe van die beweging:
# Die Vryheidsfront Pus in Gauteng sê munisipaliteite se roekelose houding teenoor wanfunksionele rioolbehandelingsaanlegte in die provinsie skep nie net ‘n gesondheidsgevaar nie, maar vernietig ook die ekostelsels in riviere. Amanda de Lange van die VF Plus sê die ongebreidelde rioolbesoedeling bedreig ook die toekoms van die Wieg van die Mensdom, ‘n Wêrelderefenisgebied. Sy voeg by diensleweringsmislukkings is die kern van die probleem:
# Die polisie het op sirkoon- en chloriedminerale van 15-miljoen-rand by ‘n pakhuis in Johannesburg beslag gelê. Die minerale, wat by Richards Bay Minerals gemyn is, is van die dorp se hawe in KwaZulu-Natal herlei en by die pakhuis verpak vir internasionale kopers. ‘n Polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê die sindikaat het na bewering vervalste minerale na die hawe vervoer en die oorspronklikes na Johannesburg weggekeer:
# Die Verenigde Nasies sê die massiewe hoeveelheid rommel, insluitend ammunisie wat nie ontplof het nie, en wat Israel in die Gaza-strook agtergelaat het, kan sowat 14 jaar neem om op te ruim. ‘n Senior amptenaar van die VN se Myn-aksiediens, Pehr Lodhammar, het by ‘n inligtingsessie in Genève, Switserland gesê die oorlog het na raming 37-miljoen ton se rommel in die wyd-verstedelikte en digbevolkte gebied gelaat. Israel se militêre veldtog teen Hamas het die grootste gedeelte van die kusgebied van 2,3-miljoen mense in ‘n woesteny omskep.
# En, gholf: Casey Jarvis van Suid-Afrika slaan met ‘n voorsprong van een hou af in die finale ronde van die ISPS Handa-kampioenskap in Japan, op die DP World Tour, na sy een-oor-syfer ronde van 64 op die derde dag. Jarvis was drie houe agter na sy tweede ronde, maar was daarna gesamentlik voor, ná hy vier voëltjies op die eerste nege putjies behaal het. Hy het nog verder opgeskuif tot 13 onder baansyfer, wat hom ‘n skrale voorsprong besorg het oor Yannik Paul van Duitsland, wat 68 aangeteken het.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….