Nuus 13:00
BULLETIN 20 April 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Amakhosi-leiers gaan vandag Thulasizwe Buthelezi amptelik erken as die nuwe Zoeloe-eerste minister
# Olimpiese Spele: Uiteenlopende reaksie volg op ‘n aankondiging van prysgeld vir sekere Olimpiese wenners
# En, die Suid-Afrikaanse Burgerlugvaart-owerheid vier vandag sy 25ste herdenking by die Wonderboom Nasionale Lughawe.
# Amakhosi-tradisionale leiers sal vandag amptelik vir Thulasizwe Buthelezi as die nuwe Zoeloe-eerste minister erken. Buthelezi word gesteun deur koning Misuzulu kaZwelithini en verskeie ander leiers, en volg wyle prins Mangosuthu Buthelezi op, wat byna 70 jaar lank gedien het. Thulasizwe Buthelezi is ook ‘n senior leier in die IVP en beklee die nuwe pos ná sterk steun uit tradisionele én godsdiens-kringe.
# Die leier van die DA in Gauteng Solly Msimanga beskuldig die ANC van die verpolitisering van burgers se lyding, weens desperaatheid. Msimanga het ‘n verkiesingsaamtrek toegespreek in Ekurhuleni en klem geplaas op voortgesette uitdagings soos onvoldoende dienslewering en waterskaarste. Hy hou vol die ANC sal armoede laat voortsleep en beloof die DA beplan om dié ekonomiese spilpunt weer van die regerende party weg te neem:
# Die sesde Statebond-Rooikruis en Rooi Sekelmaan-konferensie oor Internasionale Humanitêre Wette in Pretoria het klem gelê op die dwingende noodsaaklikheid van voldoening in die lig van eskalerende globale konflikte. Die hoof van die Internasionale Komitee van die Rooikruis se streeksafvaardiging in Suider-Afrika, Jules Amoti, het die noodsaaklikheid uitgelig om burgerlikes te beskerm teen nuwe tegnologie. Hy vra internasionale wette moet versterk word om mense se waardigheid en vrede te beveilig:
# Olimpiese Spele: Wêreldatletiek se aankondiging oor die prysgeld vir goue medaljewenners by die Parys-spele het uiteenlopende reaksie ontlok. Die president, Sebastian Coe het onverwags aangekondig die 48 veld- en baanatlete wat hul items wen, sal elk 926-duisend-rand kry. Die Vereniging van Internasionale Federasies by die Somerspele sê sy ander lede voel die stap ondermyn die gees van die Olimpiese Spele, want ‘n mens kan nie ‘n prys op ‘n Olimpiese medalje plaas nie. Die wêreld se voorste atlete het egter die aankondiging verwelkom.
# En, om mee af te sluit: Die Suid-Afrikaanse Burgerlugvaart-owerheid vier vandag sy 25ste herdenking by die Wonderboom Nasionale Lughawe. Die byeenkoms is ook ‘n lugvaartloopbaandag en meer as drie-duisend besoekers word verwag, wat plaaslike skole insluit. Deelnemers sal loopbaan-inligting kry en aktiwiteits soos lugvertonings beleef. Die geleentheid sal na verwagting plaaslike besighede ‘n hupstoot gee en betrek vooraanstaande lugvaartbelanghebbers. Die minister van Vervoer Sindisiwe Chikunga is die hoofspreker.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….