Nuus 13:00
BULLETIN 19 April 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In dié bulletin:
# ‘n Privaat beleggingsfirma waarsku die verkiesingsuitslag kan moontlik beleggingstrategieë en belastingbeleid beïnvloed
# Motorsport: Hamilton wil Alonso nadoen en tot lank ná 40 nog jaag
# En die Nasionale Kunstefees vier sy 50-jarige bestaan
# Die privaat beleggingsfirma, Everest Wealth, sê die uitslag van volgende maand se verkiesing gaan ‘n belangrike invloed op die vorming van beleggingstrategieë en belastingbeleid hê. Die firma se hoof van raadgewende dienste, Riaan Grobler, sê kiesers moet deeglik kennis neem van die verskeie politieke partye se verkiesingsmanifeste, omdat dit van toepassing kan wees as die party ʼn meerderheid kry. Grobler sê internasionale beleggers hou asem op oor die verkiesingsuitslag, wat ongekende gevolge kan hê.
# Die metaalwerkersvakbond Numsa eis regverdige lone gegrond op werklike betalingskoerse in die ingenieursektor. Hy stel ‘n verhoging van sewe-persent in die eerste jaar voor, en ses-persent daarna, om inflasie teen te werk. Die Federasie van Staal- en Ingenieursbedrywe van Suid-Afrika steun egter die huidige ooreenkoms, terwyl die Nasionale Federasie van Werkgewers en die SA Ingenieurs- en Gietersvereniging ingrypende loonverlagings voorstel. Phakamile Hlubi-Majola van Numsa vra werkgewers om hulle redelike eise te oorweeg om moontlike betogings te vermy:
# Die Kaapstade maatskappy Cape Town Air Acces, en die Noorse redery Norse Atlantic Airways gaan op 28 Oktober ‘n regstreekse roete tussen die Kaapstadse Internasionale Lughawe en Gatwick-lughawe in Londen instel. Die Noorse lugdiens sal weekliks drie vlugte op die roete aanbied wat die lugvervoer tussen Kaapstad en Brittanje sal versterk. Die Wes-Kaapse LUR vir Finansies en Ekonomiese Geleenthede, Mireille Wenger, glo die nuwe roete sal suksesvol wees:
# Motorsport: Die Britse Formule Een-renjaer Lewis Hamilton sê hy wil sy jarelange teenstander Fernando Alonso nadoen en nog jaag tot diep in sy 40’s. Die Spanjaard het pas ‘n ooreenkoms onderteken met Aston Martin tot minstens 2026, wanneer hy 45 sal wees. Die 39-jarige Hamilton sluit volgende jaar aan by Ferrari met ‘n aanvanklike kontrak van twee-jaar. Hy sê Alonso, wat hy beskou as een van die beste renjaers, het gewys wat moontlik is en wat die liggaam kan doen as dit opgepas word.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 19-rand-19-sent teen die dollar, 20-rand-45-sent teen die euro en 23-rand-89-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 64-duisend-624-dollar-94-sent. Die prys van goud is twee-duisend-383-dollar-40-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 87-dollar-58-sent per vat.
# En, laastens: Suid-Afrika se oudste kunstefees, die Nasionale Kunstefees in die Oos-Kaap, vier vanjaar sy 50-jarige bestaan. Die saamgestelde program sluit in die wêreldpremière van The Stranger van Third World Bunfight, asook 1789 van die Sibikwa-kunssentrum. Die fees stel ook die baanbreker-multinasionale dansontwikkelingsprogram, Third Space, bekend. Dis ʼn projek van die Franse Instituut van Suid-Afrika, en Lesotho en Malawi se ambassades. Die fees vind van 20 tot 30 Junie in Makhanda plaas.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….