Nuus 13:00
BULLETIN 18 April 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Nxesi verdedig indiensnemings-veldtogte en verwerp verkiesingsfoefie-aansprake
# Kleinhandelverkope het in Februarie afgeneem
# En krieket: Wolvaardt is teleurgesteld met die gelykop eendagreeks teen Sri Lanka
# Die minister van Arbeid, Thulas Nxesi sê sy departement se indiensnemings-veldtogte is nie ‘n verkiesingsfoefie nie. Hy het met die bekendstelling van die Wes-Kaapse Arbeids-aktiveringsprogram in Kaapstad beklemtoon die doel is om armoede te verlig en werkgeleenthede te skep deur opleiding. Die program van 23,8-miljard-rand, vertraag deur die pandemie, verwag van werkgewers om dié wat opgelei is, in te neem. Nxesi skryf die tydsberekening toe aan begrotingsiklusse, wat toevallig saamval met die verkiesing:
# ‘n Senior Ekonoom by FNB, Siphamandla Mkhwanazi, sê kleinhandelverkope het op ‘n jaargrondslag in Februarie met 0,8-persent gedaal. Alhoewel die uitslag ontmoedigend is, was dit steeds beter as die Reuters-konsensus van ‘n daling van 1,6-persent. Mkhwanazi sê op ‘n maand-tot-maand-grondslag, het verkoopsvolumes met 0,4-persent herstel, wat nie veel van ‘n duik maak aan die daling van 3,2-persent in Januarie nie:
# Die Globale Wind-energieraad sê die windbedryf gaan ‘n nuwe tydperk van versnelde groei binne wat deur politieke ambisie aangevuur word. Die 2024 Wêreldwye Windverslag onthul dié bedryf het verlede jaar ʼn rekord 117 gigawatt nuwe vermoë bygevoeg, wat dit die beste jaar ooit vir wind-energie maak. China en Amerika bly die wêreld se grootste markte vir nuwe aanlandige wind-energie. Afrika en die Midde-Ooste het verlede jaar byna ‘n gigawatt windkrag bygevoeg.
# Krieket: Die Protea-vrouekaptein, Laura Wolvaardt, sê die eendagreeks teen Sri Lanka het positiewe uitslae opgelewer. Die hoogste telling deur ‘n Suid-Afrikaanse vrou in ‘n eendagkragmeting was nie genoeg vir ‘n oorwinning in die derde en laaste wedstryd in Potchefstroom nie, en Sri Lanka het met ses paaltjies gewen. Wolvaardt se onoorwonne 184 het haar span tot 301 vir 5 geneem, maar die besoekers se kaptein, Chamari Athapaththu, het haar span die oorwinning besorg met ‘n onoorwonne 195. Wolvaardt sê sy is teleurgesteld die reeks het gelykop geëindig:
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 19-rand-2-sent teen die dollar, 20-rand-31-sent teen die euro en 23-rand-72-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 61-duisend-456-dollar-27-sent. Die prys van goud is twee-duisend-379-dollar-86-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 86-dollar-71-sent per vat.
# En, Glimlagweek nader sy einde en in die Robert Mangaliso Sobukwe-hospitaal in die Noord-Kaap is 25 kinders se glimlagte ná rekonstruktiewe operasies herstel. In die meeste gevalle is gesplete lippe en verhemeltes reggemaak. Sedert die Glimlag-stigting se ontstaan in 2022, is meer as vier-duisend kinders uit minderbevoorregte gemeenskappe hiermee gehelp. Die stigting se uitvoerende hoof, Tarri Parfitt, sê skenkings is noodsaaklik vir die volhoubaarheid van sulke belangrike veldtogte.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….