Nuus 13:00
BULLETIN 16 April 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Israel stuur ‘n diplomatieke aanslag op Iran van stapel
# Die Wes-Kaapse premier verwelkom die plan om AGOA tot 2041 te verleng
# En swemnuus: Vyf Suid-Afrikaners kwalifiseer vir die Olimpiese Spele in Parys
# Israel het ‘n diplomatieke aanslag op Iran begin en vra sanksies teen die Revolusionêre Wag. Dit volg na Iran se wraakaanval op Israel na die noodlottige aanval op die Iranse konsulaat in Damaskus, Sirië, op 1 April. Die minister van buitelandse sake, Israel Katz, sê die diplomatieke aanslag sal saamval met die Weermag se reaksie op die aanval. Katz het briewe aan 32 lande gestuur en ministers van Buitelandse Sake gevra om sanksies teen Iran se missielprojek in te stel en die Islamitiese Revolusionêre Wag tot ‘n terroriste-organisasie te verklaar.
Aandelemarkte het intussen gedaal en oliepryse gestyg weens toenemende vrese oor ‘n groter oorlog in die Midde-Ooste. Dit volg nadat Israel se Weermaghoof ‘n reaksie beloof het op Iran se ongekende aanval hierdie naweek. Aandeelverkope het gevolg nadat Wall Street se drie hoof-aanwysers skerp gedaal het na aanleiding van beter as verwagte data oor Amerikaanse kleinhandelverkope. Dit het die siening versterk dat die wêreld se grootste ekonomie nie gesond is nie. Dit het ook die hoop op rentekoersverlagings vanjaar verder geknou.
# Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, verwelkom wetgewing wat Amerikaanse wetgewers ingestel het om die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika te verleng. Die wetgewing verleng die aanbod in die wet aan sowat 40 lande in Afrika suid van die Sahara tot 2041, en help hulle om belastingvrye toegang tot die wêreld se grootste ekonomie te behou. Winde sê die wet het die provinsie se ekonomie bevoordeel en bevorder, veral in die landbousektor, wat baie werk skep:
# Die Gautengse Departement van Menslike Nedersettings sê hy doen nie niks aan sogenaamde bou-mafias nie. Bouprojekte in die provinsie ter waarde van byna twee-miljard-rand is in gedrang nadat bou-mafias, wat aanvanklik veral in KwaZulu-Natal ‘n probleem was, nou reg deur die land versprei het. Die departement se woordvoerder, Tahir Sema, sê bouterreine in verskeie gebiede word deur hierdie mafias geraak wat 30-persent van die projek se waarde eis:
# Swem: Vyf Suid-Afrikaners het hulle plek verseker op vanjaar se Olimpiese Spele in Parys na die nasionale kampioenskap in Gqeberha in die Oos-Kaap. Die Olimpiese gouemedalje-wenner, Tatjana Smith, voorheen Schoenmaker, het haar plek bespreek saam met die 19-jarige Pieter Coetzé wat vyf goue medaljes op die kampioenskap opgeraap het. Aimee Canny, Kaylene Corbett en Erin Gallagher spog ook met kwalifiserende tye vir die Spele in Julie.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 19-rand-2-sent teen die dollar, 20-rand-20-sent teen die euro en 23-rand-67-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 63-duisend-517-dollar-51-sent. Die prys van goud is twee-duisend-368-dollar-5-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 89-dollar-90-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….