Nuus 13:00
BULLETIN14 April 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die IVP waarsku die polisie om politiek uit polisiëring in KwaZulu-Natal te hou
# Die UDM in die Wes-Kaap vra die onmiddellike vrystelling van fondse na die oorstromings
# En, Israel sê hy het Iran se eerste aanval so te sê afgeweer
# Die IVP in KwaZulu-Natal waarsku die polisie om uit die politiek te bly. Dit volg na sy provinsiale premierskandidaat, Thami Ntuli, onlangs gekla het oor beweerde teistering en onwaardige behandeling aan die kant van die SAPD en die Durbanse Metropolisie in Cornubia, Durban. Die voorsitter van die IVP se provinsiale Jeugbrigade, Mncedisi Maphisa, sê daar was verskeie pogings om die party se verkiesingsveldtogte te belemmer:
# Die UDM in die Wes-Kaap vra die Nasionale Rampbestuursentrum om die toewysing van fondse na die provinsiale regering voorop te stel om duisende dakloses te help wat deur die oorstromings geraak is. Hy sê veral inwoners van informele nedersettingsmoet nou op hul eie hulle skuilings herbou. Bongani Manqungwa van die UDM sê die onmiddellike vrystelling van fondse is noodsaaklik om te verseker mense kry waardige lewensruimtes:
# Die Vryheidsfront Plus in Tshwane sê nog 16 aansoeke vir stedelike verbeteringsdistrikte is goedgekeur en nog sowat 20 word beoog. Die Tshwane-raad het in November verlede jaar die VF Plus se stadsverbeteringsinisiatief as deel van sy amptelike beleid aanvaar. Grandi Theunissen van die party sê die hoofdoel is om dienslewering in spesifieke gebiede te verbeter, met die fokus op veilige woon- en kommersiële gebiede:
# Die Amerikaanse president Joe Biden loof sy weermag vir hulle hulp om die meeste van die honderde hommeltuie en missiele wat Iran vandag lanseer het, uit te skakel. Biden sê Amerika het voor die ongekende aanval, vliegtuie en oorlogskepe na die streek gestuur. Hy beskryf die aanval as “astrant”. Israel sê dit is eerste keer dat Iran regstreeks van sy grondgebied af so ‘n aanval loods. Iran het Israel vroeër gewaarsku hy sal gestraf word vir die aanval op sy konsulaat in Sirië waarin sewe Iranse offisiere gesneuwel het.
# En, gholf: Die Amerikaner en wêreld-nommer-een, Scottie Scheffler, is steeds die voorloper by die Meesters na ‘n dramatiese derde dag op Augusta. Tiger Woods se droom van ‘n sesde groen baadjie het egter ‘n nagmerrie geword. Scheffler het een onder baansyfer 71 aangeteken vir ‘n totaal van sewe-onder, voor nog ‘n Amerikaner Collin Morikawa. Woods het die swakste nege putjies van sy Meesters-loopbaan oor die eerste nege gespeel. Hy het ses oor baansyfer 42 geslaan, met twee keer twee oor baansyfer en drie keer een oor baansyfer, teenoor ‘n enkele voëltjie.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….