Nuus 13:00
BULLETIN 24 Oktober 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# SASSA vra die publiek om bedrog met maatskaplike toelaes aan te meld
# AfriForum sê Tshwane se waterkrisis vererger te midde van infrastruktuurprobleme
# En, Frankryk ontplooi duisende polisiebeamptes in afwagting van nog betogings
#Die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid waarsku die publiek om nie met amptenare saam te werk om die maatskaplike toelaestelsel te bedrieg nie. Die waarskuwing volg op die ontslag van vier amptenare in Gauteng na dissiplinêre optrede oor ‘n beweerde bedrieglike toelae-aansoek en die ongemagtigde verandering van ‘n begunstigde se betalingsbesonderhede. Lungelo Mkamba van die agentskap sê oneerlikheid en bedrieglike aktiwiteite sal nie geduld word nie:
# AfriForum dring aan by die Stad Tshwane om infrastruktuurprobleme sowel as die vraag na water aan te spreek, aangesien die munisipaliteit voortdurend met watervoorsiening probleme het. Die organisasie sê onlangse voorvalle sluit die pyplynkoppeling by die Garsfontein-reservoir wat onklaar geraak het, asook rioolbesoedeling wat die watervoorsiening vanaf die Findlay-reservoir geraak het. Dit is benewens munisipale waterverliese van 44-persent. Dalena Beyers van AfriForum sê die stad moet verantwoording doen oor waterverliese, infrastruktuurprobleme en herstelwerk, en bewyse lewer van ‘n oormatige vraag deur verbruikers:
# Ses mense is vanoggend dood en ses ander ernstig beseer in ‘n botsing reg van voor tussen ‘n Toyota Quantum-minibustaxi en ‘n Scania-vragmotor op die R61 in die Oos-Kaap. Die ongeluk het ongeveer 30 kilometer vanaf Aberdeen in die Wes-Kaap plaasgevind. Die woordvoerder vir die provinsiale departement van Vervoer, Unathi Binqose, sê die minibustaxi het 16 mense vervoer en was op pad van Beaufort-Wes na Aberdeen. Hy sê ses vroue is op die toneel dood:
# Frankryk ontplooi 70 duisend polisiebeamptes landwyd terwyl owerhede voorberei vir nuwe protesoptogte oor die lewenskoste en swak skooltoestande. Die veiligheidsoperasie volg op van die ergste stedelike geweld in jare verlede naweek, toe plundering, brandstigting en botsings met die polisie uitgebreek het. Die minister van Binnelandse Sake, Laurent Nunez, sê beamptes sal ondersteun word deur elite-eenhede, helikopters, hommeltuie en gepantserde voertuie. Owerhede het betogings in verskeie stede beperk te midde van vrese vir hernieude geweld, met besighede wat winkelvensters toegemaak het met die oog op vandag se betogings.
# Motorsport: Marc Marquez het die Australiese MotoGP-snelren op Phillip-eiland gewen en loop nou voor in die wêreldkampioenskap nadat sy belangrikste teenstander, Jorge Martin, ‘n ongeluk gehad het. Die Ducati-ryer en Martin het beurte gemaak om voor te loop in ‘n spannende wedren, voor Martin in die agtste rondte geval het. Marquez se broer, Alex, het tweede geëindig, met Fabio Di Giannantonio in die derde plek. Martin is na die mediese sentrum geneem en is ongeskik verklaar vir Sondag se Grand Prix. Hy het sy regterpols gebreek. Marquez is nou tien punte voor Martin.
# En, die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing verskerp pogings om Durban se Bayhead-wortelboom-erfenisterrein te beskerm deur middel van gekoördineerde wetstoepassing en omgewingsopruimingsaksies. Die adjunkminister Narend Singh sê regeringsinstansies, Transnet, die eThekwini-munisipaliteit en ander vennote sal saamwerk om plastiekbesoedeling te verwyder en die wortelboomhabitat te herstel. Die inisiatief volg na onlangse optrede teen onwettige kiefnetvissery en stropery, wat die mariene-lewe en die beskermde ekosisteem bedreig.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….