Nuus 13:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 8 April 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Canal-Ploes maak ‘n verpligte oorname-aanbod vir MultiChoice
# Nehawu eis dat NSFAS die kontrakte van sekere diensverskaffers beëindig
# En, sokker: Banyana wil die agterstand teen die Super Falcons omkeer
# Die Franse mediareus, Canal+ (ka-NAAL PLOES) het ‘n verpligte oorname-aanbod vir MultiChoice gemaak en bied 125-rand per aandeel aan, ‘n beduidenswaardige verhoging teenoor sy vorige aanbod. Die grootste betaal-TV-diens in Afrika het Standardbank as onafhanklike kenner betrek om die aanbod na te gaan. Canal+ beoog om sy teenwoordigheid in Afrika te vergroot om met globale deelnemers soos Disney en Netflix mee te ding. Canal+ se moedermaatskappy, Vivendi (wie-WEN-die), oorweeg dit om in verskillende afdelings op te breek, wat moontlik aan Suid-Afrikaanse beleggers die geleentheid mag bied om deel te neem.
# Die vakbond Nehawu sê hy sal nie bystaan terwyl die Nasionale Studente Finansiële Hulpskema van een krisis na ‘n ander voortploeter weens swak bestuur nie. Nehawu se reaksie volg op die besluit van die skema se raad om voort te gaan om saam te werk met finansiële diensverskaffers vir die regstreekse betaling van studentetoelaes. Nehawu se woordvoerder, Lwazi Nkolonzi, sê dit is ondanks die bevindinge van die Werksmans-verslag dat die vier diensverskaffers onreëlmatig aangestel is:
# Die DA in Gauteng het die Departement van Kuns, Kultuur en Ontspanning daarvan beskuldig dat hy meer as 13-miljoen-rand op glansgeleenthede verspil, terwyl noodsaaklike sportgeriewe afgeskeep word. Kingsol Chabalala van die DA sê die departement het versuim om die volledige besonderhede in die provinsiale wetgewer te verskaf oor die dienste wat hy gelewer het. Chabalala sê die departement het 5,8-miljoen rand in die 2021/22-boekjaar verspil en bykans 7,8-miljoen rand in 2022/23:
# Sokker: Banyana Banyana se afrigter, Desiree Ellis, is optimisties terwyl hulle voorberei vir môre se tweede skof van hulle kragmeting met die Super Falcons van Nigerië op Loftus Versveld. Ellis glo haar span kan sake omkeer ondanks ‘n nederlaag van 1-0 in die eerste wedstryd. Sy reken tuisvoordeel sal Banyana help kwalifiseer vir vanjaar se Olimpiese Spele, waar hulle by Spanje, Brasilië en Japan in Groep C kan aansluit:
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-60-sent teen die dollar, 20-rand-14-sent teen die euro en 23-rand-49-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 72-duisend-354-dollar-9-sent. Die prys van goud is twee-duisend-336-dollar-10-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 90-dollar-58-sent per vat.
# En ten slotte: Transplant Education for Living Legacies reël dié maand ‘n bewustheids- en tatoeërdag in Pretoria om orgaanskenking aan te moedig. Mense wat dit bywoon kan deelneem aan ‘n kompetisie om ‘n tatoeërmerk te wen, wat die toenemende neiging weerspieël om lewens te red. Sowat drie-duisend mense het reeds tatoeërmerke wat sê hulle wil orgaanskenkers wees, wat sterk steun toon vir die doel.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….