Nuus 13:00
BULLETIN 3 April 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# AZAPO vra dat Mapisa-Nqakula haarself aan die polisie moet oorgee
# Cosatu verwelkom die Nasionale Vervolgingsgesag se optrede om aanhitsing tot geweld te bekamp
# En, rugby: Die Hurricanes se All Black-skrumskakel is ses maande buite aksie
# Die Azanian People’s Organisation doen ‘n beroep op die speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, om ‘n voorbeeld te stel en haarself aan die polisie oor te gee om haar verdere verleentheid te spaar. Die party het regter Sulet Potterill van die Hooggeregshof in Pretoria se besluit geprys om Mapisa-Nqakula se dringende aansoek teen inhegtenisneming van die rol te skrap. AZAPO se woordvoerder, Jabu Rakwena, sê die howe het gepraat en sy is verplig om te doen wat reg is:
# Cosatu verwelkom die Nasionale Vervolgingsgesag se optrede teen pogings om geweld aan te hits voor die verkiesing van 29 Mei. Dit volg nadat ‘n senior lid van die uMkhonto weSizwe-party, Visvin Reddy, daarvan aangekla is nadat hy met geweld gedreig het as die Verkiesingskommissie en die howe negatiewe besluite sou neem teen oudpresident Jacob Zuma. Cosatu se waarnemende woordvoerder, Matthew Parks, sê die land kan nie politieke geweld bekostig nie:
# Die Stad Tshwane sê hy bly daartoe verbind om met relevante belanghebbendes saam te werk en spesifieke strategieë te gebruik om padongelukke en -sterftes te verminder. Die metro het tydens die Paasnaweek 15 sterftes in 12 motorongelukke aangeteken, en drie voorvalle waarby voetgangers betrokke was. Die burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsveiligheid, Grandi Theunissen, sê tydens verlede jaar se Paasnaweek het die metro slegs drie sterftes aangeteken:
# Minstens sewe mense is dood en meer as 700 beseer in vandag se aardbewing met ‘n sterkte van 7,4 in Taiwan. Amptenare sê die skudding was die sterkste op die eiland in dekades, en waarku oor na-skokke wat nog kan volg. Streng bouregulasies en wydverspreide openbare rampbewustheid het klaarblyklik ‘n groter katastrofe afgeweer op die aardbewing-geteisterde eiland. Dit is geleë naby die samekoms van twee tektoniese plate. Die skudding was die kragtigste sedert die een van 7,6 in September 1999 waarin ongeveer twee-duisend-400 mense gesterf het.
# Rugby: Die All Black-skrumskakel Cameron Roigard sal vir minstens ses maande buite aksie wees. Sy Superrugby-span, die Hurricanes, het bevestig hy het ‘n ernstige kniebesering opgedoen tydens verlede naweek se wedstryd teen die Highlanders en het reeds ‘n operasie ondergaan. Die 23-jarige Roigard is verlede jaar in Nieu-Seeland se Wêreldbeker-groep ingesluit en het beïndruk in die paar wedstryde wat hy gespeel het. Die besering beteken hy sal die res van die Superrugby-seisoen misloop, asook die All Blacks se Julie-toetse en die grootste deel van die Rugbykampioenskap.
# En, die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-81-sent teen die dollar, 20-rand-25-sent teen die euro en 23-rand-66-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 66-duisend-476-dollar-33-sent. Die prys van goud is twee-duisend-273-dollar-5-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 89-dollar-1-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….