Nuus 13:00
BULLETIN 18 Oktober 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Helen Zille sê ‘n DA-regering sal nie apartheid herhaal nie
# ‘n WNNR-model dui op nog koalisies ná die plaaslikeregeringsverkiesing
# En: ‘n Kern-noodoefening word by Koeberg beplan
# Die DA se burgemeesterskandidaat in Johannesburg, Helen Zille, sê ‘n DA-regering in Johannesburg sal nooit die pynlike jare van apartheid herhaal nie. Zille se uitlatings volg te midde van verskerpte verkiesingsveldtogte voor die plaaslikeregeringsverkiesing, met Johannesburg as een van die sleutelgebiede. Sy het afgevaardigdes by Nasrec in Gauteng toegespreek en gesê die DA wil Suid-Afrikaners verenig, maar die ANC saai verdeeldheid:
Die leier van die Inkatha Vryheidsparty, Velenkosini Hlabisa, het intussen belowe om ‘n einde te maak aan kaderontplooiing in munisipaliteite. Hy het tydens ‘n veldtog in Tzaneen, Limpopo, gesê aanstellings moet volgens meriete, kwalifikasies en bekwaamheid gemaak word, nie politieke verbintenisse nie. Dit vorm deel van die party se verkiesingsmanifes. Hlabisa het ook gevra om akademiese vereistes vir raadslede in te stel, en diegene wat munisipale geldsake bestuur moet beskik oor finansiële bestuursvaardighede:
En in ander verkiesingsnuus, die Wetenskaplike en Nywerheidnavorsingsraad sê koalisieregerings gaan waarskynlik ‘n kenmerk van plaaslike regering bly ná die verkiesing op 4 November. Die WNNR gebruik statistiese modellering wat op kiesers se gedragspatrone gebaseer is om verkiesingsuitslae te voorspel. Professor Pravesh Debba sê voorspellings vir sommige munisipaliteite het moontlik ʼn foutmarge van twee-persent. Hy sê vroeë aanduidings kan politieke partye help om vir moontlike koalisies voor te berei wanneer uitslae bekend is.
# Die Nasionale Kernreguleerder gaan Dinsdag ʼn kern-noodoefening by die Koeberg-kernkragstasie in Kaapstad uitvoer. Die doel is om gereedheid vir noodgevalle en reaksie-prosedures te toets, en samewerking te verbeter tussen organisasies wat verantwoordelik is vir die hantering van ʼn moontlike kern-noodgeval. Die uitvoerende hoof, Ditebogo Kgomo, sê die oefening sal ook gapings en geleenthede vir verbetering identifiseer. Die reguleerder sê is ʼn beplande opleidingsgeleentheid en nie ʼn werklike kern-noodgeval by die kragstasie nie.
# President Donald Trump van Amerika se planne om weer regstreekse vlugte tussen Amerika en Libanon in te stel, het ʼn terugslag beleef weens kommer oor veiligheid by die Beirut-lughawe. ʼn Lugvaartagentskap van die Verenigde Nasies het bevind die lughawe se sertifisering het verval, noodplanne is onvoldoende en brandbestrydingstoerusting is nie geskik vir groot vliegtuie nie. Libanon sê hy hanteer die probleme, maar Amerikaanse lugvaartowerhede moet veiligheidsinspeksies uitvoer voor vlugte hervat. Regstreekse handelsvlugte tussen die twee lande is sedert 1985 opgeskort nadat ʼn Amerikaanse passasiersvliegtuig gekaap en gedwing is om in Beiroet te land.
# En sokker: Manchester City se afrigter, Enzo Maresca, wag op ‘n verslag oor die Noorweegse doelskieter Erling Haaland nadat hy beseer is in Saterdag se 3-2 oorwinning oor Ipswich Town. Haaland het twee doele aangeteken, waaronder sy 100ste Premierliga-doel uit oop spel, met City wat nou sewe oorwinnings in sewe liga-wedstryde behaal het. Haaland het sy voet blykbaar laat in die wedstryd beseer. Die omvang van die besering moet nog bepaal word maar dis skynbaar nie ernstig nie. Verskeie ander City-spelers het ook ligte stampe en skrape opgedoen, onder andere Mateo Kovacic, Matheus Nunes en Antoine Semenyo.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….