Nuus 13:00
BULLETIN 30 Maart 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Nog vyf liggame na die busongeluk in Limpopo opgespoor
# Rugby: Die Stormers wil meer akkuraat wees teen Ulster
# En, nog ‘n skip van die dood gaan meer as 60-duisend lewende diere na Koeweit vervoer
# Die polisie sê nog vyf liggame is in ‘n soektog ná die Limpopo-bus-tragedie opgespoor. Altesaam 39 liggame is tot nou gevind na 45 mense dood is toe die bus waarin hulle van Botswana na Moria vir ‘n Paasbyeenkoms gereis het, Donderdag van ‘n brug op ‘n bergpas tussen Marken en Mokopane afgestort en aan die brand geslaan het. ‘n Agt-jarige meisie, die enigste oorlewende, het ernstige beserings opgedoen, maar is in ‘n bestendige toestand. ‘n Polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê die liggame van ses slagoffers kon ongelukkig nie na die brand opgespoor word nie.
En ons bly by verkeersongelukke: Vyf mense, insluitend twee kinders, is dood en twaalf is beseer na ‘n volgelaaide minibus-taxi vandag in ‘n stilstaande swaarvoertuig vol sement op die N2 tussen Peddie en Makhanda in die Oos-Kaap gebots het. Die minibus was op pad na Peddie toe dit die vragmotor vroeg vanoggend getref het. ‘n Woordvoerder van Provinsiale Vervoer, Unathi Binqose, sê swak sig kon tot die botsing bygedra het:
# Die Stad Tshwane het die onwettige verkoop van water wat bedoel is vir gratis verspreiding in informele nedersettings veroordeel. Die stad het ontstellende nuus verneem van diensverskaffers wat nie gemeenskaplike JoJo-tenks vul nie, maar privaat tenks op privaat eiendomme, en dan die water verkoop. Die burgemeesterskomiteelid vir Menslike Nedersettings, Ofentse Madzebatela, doen ‘n beroep op inwoners om sulke oortredings onmiddellik aan die Tshwane-metropolisie te rapporteer:
# Rugby: Die Stormers se direkteur van Rugby, John Dobson, sê sy span mik daarna om hulle oorwinning verlede week teen Edinburgh vanmiddag teen ‘n taai Ulster in Kaapstad te herhaal. Dobson sê hulle het goeie aanvallende rugby in hulle 43-21 sege teen Edinburgh gespeel, maar hulle besef hulle sal baie meer akkuraat teen Ulster moet wees. Dobson het Hacjivah Dayimani met sy 50ste wedstryd vir die Stormers gelukgewens en sê die losvoorspeler is ‘n groot aanwins vir die span.
# En, die Nasionale Raad van DBV’s sê die Al Mawashi-maatskappy gaan nog ‘n besending lewende diere ter see vervoer, met die vaartuig wat Dinsdag in Oos-Londen verwag word. Sowat 60-duisend skaap, ‘n duisend-500 bees en 200 bokke gaan vir die uitmergelende reis na Koeweit en Saoedi-Arabië gelaai word. Die uitvoerende direkteur van die NDBV, Marcelle Meredith, sê hulle bly steeds gekant teen sulke wrede en onnodige vervoer van lewende diere:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….