Nuus 13:00
BULLETIN 14 Maart 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# ‘n Ekonoom sê rentekoerse vir huispryse is waarskynlik op hulle hoogste vlak
# President Ramaphosa onderstreep onderwys as ‘n samewerkende bedrywigheid
# En, rugby: George North tree uit na 14-jaar se toetsrugby vir Wallis
# Die senior ekonoom van FNB, Siphamandla Mkhwanazi, sê rentekoerse vir huispryse is waarskynlik op hulle hoogste vlak. Die vooruitsig van effens laer rentekoerse, matige beter groei-uitkomste en voortgesette hoër indiensneming behoort van die tweede helfte van die jaar af ‘n skraal styging in die vraag na eiendom mee te bring, en gevolglik hoër eiendomspryse. Mkhwanazi sê die FNB-huisprysaanwyser se groei was in Februarie gemiddel 0,7-persent jaar-op-jaar, effens laer as die 0,9-persent in Januarie:
# President Cyril Ramaphosa het die samewerkende aard van onderwys in Suid-Afrika uitgelig op die sesde Basiese Onderwys-sektor Lekgotla in Johannesburg. Hy het vordering in sleutel-gebiede soos Vroeë Kinderontwikkeling en basiese leerwerk geprys, wat die belangrikheid van ‘n sterk opvoedkundige grondslag beklemtoon. Ramaphosa het ook die volgehoue ondersteuning van die privaat sektor, akademici, nie-regeringsorganisasies en die burgerlike samelewing geprys vir hul hulp om die onderwyssektor te verbeter:
# Die burgemeester van Tshwane, Cilliers Brink, het erken hulle het beperkte hulpbronne om stygende misdaad in die metro teen te werk. Dit volg nadat sommige ontevrede inwoners van Ga-Rankuwa die provinsiale en plaaslike regering gekap het omdat hulle versuim het om werkloosheid aan te pak wat volgens hulle regstreeks met misdaad in die gemeenskap verband hou. Brink sê die metro het pogings versterk om misdaad te bekamp, maar polisiestasies moet toegerus word om die ernstige werk te doen soos misdaadintelligensie, en om die strate te patrolleer.
# Die Suider-Afrikaanse Geloofsgemeenskap se Omgewingsinstituut en Earthlife Africa Johannesburg is bekommerd oor Suid-Afrika se plan vir kernkrag-uitbreiding. Die Artikel-34-bepaling om twee-duisend-500 megawatt uit nuwe kernkrag-opwekking te bekom, is in die Staatskoerant gepubliseer. Makoma Lekalakala van Earthlife Africa sê hulle oorweeg dit om die bepaling op hersiening te neem:
# Rugby: George North dra die nommer 13-trui in sy laaste wedstryd vir Wallis wanneer hulle Italië Saterdag in ‘n Sesnasies-kragmeting pak. Die 31-jarige senter tree uit na 120 toetse en 235 punte sedert sy debuut in 2010. Hy het ook die Britse en Ierse Leeus in drie wedstryde verteenwoordig. North het verlede week se nederlaag teen Frankryk misgeloop. Wallis is tans laaste op die punteleer en moet die Azzurri klop om nie heel onder te eindig nie.
# En, die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-63-sent teen die dollar, 20-rand-39-sent teen die euro en 23-rand-87-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 73-duisend-487-dollar-17-sent. Die prys van goud is twee-duisend-168-dollar-71-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 84-dollar-68-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….