Nuus 13:00
BULLETIN 14 September 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# ‘n Vyfde vrou se liggaam is in Kemptonpark gevind terwyl die polisie die sterftes ondersoek
# Die dodetal styg tot 21 in ‘n botsing op die N1 in die Wes-Kaap
# En Israel se minister van Kultuur dreig om rolprentregisseurs se burgerskap te herroep
# Die liggaam van ‘n vyfde vrou is vanoggend in Kemptonpark, Gauteng, aangetref nadat vier ander vroue se liggame die afgelope twee maande in dieselfde gebied ontdek is. Die polisie is op die toneel en ondersoeke is aan die gang. Die identiteit van die jongste slagoffer en die omstandighede van haar dood is nog nie bevestig nie. ‘n Multidissiplinêre span vandag vergader. Die polisie se soektog na die vermiste drawwer Elizabeth “Tsontso” Moselakgomo is intussen verskerp.
# Owerhede het bevestig die dodetal in ‘n botsing tussen twee minibus-taxis en ‘n ander voertuig op die N1 tussen Prins Albertweg en Leeu-Gamka in die Wes-Kaap het tot 21 gestyg. Nood- en verkeersdienste is steeds op die toneel. Muneera Allie van die Departement Mobiliteit sê die N1 is steeds gesluit in albei rigtings. Sy het motoriste gevra om die gebied te vermy, beduidende vertragings te verwag en verkeers- en noodpersoneel se aanduidings te volg.
# Die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing het sedert vroeg hierdie maand geen verdere berigte van sardyn-vrektes ontvang nie. Wydverspreide vrektes onder die vis is langs die Suid-Afrikaanse en Namibiese kus aangemeld. ‘n Woordvoerder, Zolile Nqayi, sê die volgehoue hoë vlakke van die sardyn-herpesvirus in die vis – insluitend monsters van die Wes- en die Oos-Kaap – dui daarop dat die virus die waarskynlikste hoofoorsaak van die vrektes is:
Nuus uit die buiteland:
# Die Israelse minister van Kultuur, Miki Zohar, dreig om die burgerskap van twee rolprentregisseurs te herroep oor ‘n dokumentêr wat die regering se oorlogsmisdade in Gaza ontbloot. Die dokumentêr, NAZA, deur Yuval Abraham en Rachel Szor, bevat onthullende onderhoude met 24 Israelse militêre intelligensie-amptenare en soldate, en het vanjaar die spesiale Jurie-prys op die Venesiese Rolprentfees gewen. Zohar beskuldig die regisseurs van verraad, maar Abraham beskryf die dokumentêr as belangrik:
# Tennis: Die Amerikaanse Ope-kampioen, Alexander Zverev, is nou in ‘n uitstekende posisie om die 30ste wêreld-nommer-een-speler te word. Die Duitser is nou slegs een-duisend-810-punte agter die Italianer Jannik Sinner op die jongste wêreldranglys. Die Spanjaard Carlos Alcaraz is derde en die Amerikaner Ben Shelton vierde – die beste van sy loopbaan nadat hy die eindstryd van die Amerikaanse Ope gehaal het. Die voormalige wêreld-nommer-een, Novak Djokovic, is nou amptelik uit die top tien nadat hy in die eerste ronde in New York uitgeskakel is. Hy is nou 12de.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-26-sent teen die dollar, 18-rand-76-sent teen die euro en 21-rand-91-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 77-duisend-590-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-286-dollar-83-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 109-dollar-33-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….