Nuus 13:00
BULLETIN 19 November 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# President Ramaphosa wens ouditeur-generaal geluk met haar gesogte UNESCO-aanstelling
# Motorsport: Max Verstappen wen die Las Vegas Grand Prix na die mees epiese wedren van die seisoen
# En, Wêreldtoiletdag vra vir die versnelling van verandering
# President Cyril Ramaphosa het die ouditeur-generaal Tsakani Maluleke gelukgewens met haar aanstelling as die eksterne ouditeur van die Verenigde Nasies se Onderwys-, Wetenskaplike en Kulturele Organisasie, UNESCO. Maluleke was die eerste vrou wat in Desember 2020 aangestel is as die land se ouditeur-generaal en sy sal die nuwe rol vir ses jaar van 2024 tot 2029 beklee. Sy is vroeër die maand tot die UNESCO-rol verkies deur lede van verskeie komitees en filiaal-organisasies van die VN-agentskap.
# Interne navolgingspeilings deur die DA onthul glo ‘n aansienlike verskuwing in die politieke dinamiek, met aanduidings van ‘n sewe-persent gaping nasionaal tussen die DA en die ANC. Die party se parlementslid Gregory Krumbock het die media in Kaapstad toegespreek en onhul sy party se steun staan op 32-persent, met die ANC op 40-persent, wat die kleinste gaping tot nog toe is:
# RISE Mzansi het ‘n aksie-wekroep uitgereik om elke Suid-Afrikaner wat kwalifiseer aan te moedig om hulle mag terug te neem van politici af deur deel te neem aan die Onafhanklike Verkiesingskommissie se eerste kiesersregistrasie-naweek. Die partyleier Songezo Zibi beklemtoon die diepgaande en direkte rol wat die naweek Suid-Afrikaners bied om die toekoms wat hulle verdien te bepaal. Zibi vra ook geregistreerde kiesers om hulle status by die OVK te bevestig:
# Motorsport: Die wêreldkampioen Max Verstappen het vanoggend die 18de oorwinning van die seisoen, waarin hy verskeie rekords verbeter het, ingepalm, met ‘n opwindende triomf in die Las Vegas Grand Prix. Charles Leclerc van Ferrari het Sergio Perez van Red Bull in die laaste ronde verbygesteek en die tweede plek voor die Meksikaan weggeraap. Die Mercedes-span, Lewis Hamilton en George Russel was onderskeidelik sewende en agste.
# En, laastens: Vandag is Wêreldtoiletdag, met die fokus op die versnelling van verandering om die globale sanitasiekrisis teen te werk, wat ‘n ernstige bedreiging inhou vir menslike gesondheid. Drie-komma-vyf-miljard mense het steeds nie toegang tot veilige toilette nie, met 419-miljoen wat hulleself op oop plekke moet verlig, wat daagliks bydra tot die verspreiding van siektes en die dood van kinders onder vyf. Die uitvoerende bestuurder van die Waternavorsingskommissie vir Watergebruik en Afvalbestuur, Jay Bhagwan, het aan Newzroom Africa gesê waterskaarste is ‘n bydraende faktor:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….