Nuus 12:00
BULLETIN 4 Maart 12 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die DA vra die dringende verkiesing van ‘n nuwe speaker van die Nasionale Vergadering
# Mapisa-Nqakula gaan na verwagting vandag in die hof verskyn op aanklagte van korrupsie
# En, sokker: ‘n Verdediger van Kaizer Chiefs sterf in ‘n kaping
# Die DA vra die dringende verkiesing van ‘n nuwe speaker van die Nasionale Vergadering ná Nosiviwe Mapisa-Nqakula se bedanking te midde van korrupsiebewerings. Die Parlement het bevestig die adjunk-speaker, Lechesa Tsenoli, sal tot verdere kennisgewing as waarnemende speaker voortgaan. Die DA se hoofsweep, Siviwe Gwarube, sê die Grondwet en die reëls van die Nasionale Vergadering stel dit duidelik dat ‘n verkiesing moet plaasvind sodra ‘n vakature ontstaan het:
Mapisa-Nqakula sal intussen later vandag in die Pretoriase Landdroshof verskyn, nadat sy vroeër vanoggend by die Lyttelton-polisiestasie in Centurion aangekom het. Sy het haarself volgens berigte aan die polisie oorgegee op aanklagte wat verband hou met beskuldigings dat sy miljoene rand se omkoopgeld en gunslone van ‘n kontrakteur aanvaar het. Mapisa-Nqakula hou vol sy is onskuldig.
# City Power in Johannesburg sê hy gee tans voorrang aan kragonderbrekings in Roodepoort, en aanlegte daar wat ook op die oomblik nie krag het nie. Die Alexandra-diensleweringsentrum sit tans met 26 gevalle, waarvan vier die afgelope 24 uur aangemeld is. City Power sê operateurs sal vandag die beskadigde Italeni-mini-substasie isoleer, terwyl gestroopte lyne by die Tshepisong-skakelstasie ook aandag kry. City Power waarsku dat die kragnetwerk steeds onder geweldige druk is.
# Sokker: Die Gautengse polisie het met ‘n soektog begin ná die moord op Kaizer Chiefs se verdediger, Luke Fleurs. Die 24-jarige Fleurs is gisteraand in ‘n kaping doodgeskiet. Hy het in Oktober by Chiefs aangesluit met die oog op ‘n kontrak nadat Supersport United hom in September vrygestel het. Fleurs het 70 wedstryde vir SuperSport gespeel. ‘n Polisiewoordvoerder, Mavela Masondo, sê klagte van moord en kaping word ondersoek:
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-61-sent teen die dollar, 20-rand-19-sent teen die euro en 23-rand-56-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 66-duisend-156-dollar-63-sent. Die prys van goud is twee-duisend-294-dollar-79-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 89-dollar-21-sent per vat.
# En, die ministeriële taakspan oor vrywillige uittrede-moontlikhede en -roetes uit die geblikte-leeubedryf sê bedryfsverenigings vra reeds baie lank beter wetstoepassing. Suid-Afrika het die grootste aantal leeus in aanhouding ter wêreld, en daar is tans sowat sewe-duisend-800 van hulle in 348 teelgeriewe. Kam Chetty van die taakspan sê aansporings sal aan telers gebied word om die bedryf te verlaat:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….