Nuus 12:00
BULLETIN 19 Maart 12 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die DA in Gauteng vra die sperdatum wanneer die e-tol-seinbrûe afgeskakel gaan word
# ActionSA in Wes-Kaap soek antwoorde oor die teenbende-eenheid se probleme
# En, Statebondspele: Maleisië bied dalk in 2026 ‘n beperkte Spele aan
# Die DA in Gauteng doen ‘n beroep op premier Panyaza Lesufi om ʼn duidelike tydlyn te verskaf van wanneer die e-tol-seinbrûe afgeskakel gaan word. Die premier het in sy provinsiale rede gesê die seinbrûe sal teen die 31ste van die maand afgeskakel wees. ʼn DA-woordvoerder, Dorianne Arendse, sê dit kan net gebeur indien die afskakeling 14 dae voor die voorgestelde datum in die Staatskoerant afgekondig word, maar dit het nog nie gebeur nie:
# ActionSA in die Wes-Kaap sê hy sal aan die minister van Polisie, Bheki Cele, skryf om antwoorde te kry oor die voortslepende probleme wat die teenbende-eenheid teister. President Cyril Ramaphosa het die eenheid in 2018 gestig om die bloedvergieting in die provinsie te bekamp. ActionSA se provinsiale premierskandidaat, Angela Sobey, sê die eenheid het verswak tot ʼn leierlose eenheid met te min hulpbronne en min vermoë om die bendegeweld te beheer wat gemeenskappe teister:
# Die minister van Justisie en Korrektiewe Dienste, Ronald Lamola, het ʼn versoek dat Siyabonga en Malusi Ndimande van Eswatini aan Suid-Afrika uitgelewer word, goedgekeur en oorgedra. Die broers word verbind met die moord op die kletsrymer Kiernan AKA Forbes en sy vriend, Tebello Motsoane, in Durban verlede jaar. Altesaam sewe verdagtes is in verband met die moorde aangekeer. Die departement se woordvoerder, Chrispin Phiri, sê Suid-Afrika is gereed om met Eswatini saam te werk aan die saak:
# Statebondspele: Maleisië se regering sal dié week besluit of hy ‘n beperkte Spele in 2026 sal aanbied, terwyl die Statebondspele-federasie sukkel om ‘n nuwe gasheer te kry. Die Australiese staat Victoria het verlede jaar onttrek weens stygende koste, en later ingestem om ‘n skikking van 4,5-miljard-rand te betaal. Die federasie het Maleisië 2,4-miljard-rand aangebied om gasheer te wees van die geleentheid wat hy laas in 1998 aangebied het. Kostebesparingsmaatreëls sluit kleiner openings- en afsluitingseremonies in, standaard hotelle en verblyf vir atlete, en net tien sportsoorte in plaas van 15.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-99-sent teen die dollar, 20-rand-61-sent teen die euro en 24-rand-11-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 64-duisend-587-dollar-6-sent. Die prys van goud is twee-duisend-154-dollar-94-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 86-dollar-61-sent per vat.
# En, omgewingsbewaarders beplan om Marion-eiland se muisbevolking van meer as ‘n miljoen in 2027 uit te roei. Muisgetalle op die Suid-Afrikaanse gebied naby Antarktika het dramaties toegeneem nadat klimaatsverandering temperature laat styg het. Die muise het ongeveer 200 jaar gelede op robjagskepe op die eiland beland. Hulle vier nou fees op seevoëls en veroorsaak reuseskade in die spesiale natuurreservaat met sy unieke bioverskeidenheid. Omgewingsbewaarders beplan om 550-ton rotgif met ses helikopters op die eiland te stort. Dit sal nie die grond, waterbronne of seevoëls benadeel nie.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….