Nuus 12:00
BULLETIN 21 November 12 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die SA Sionistiese Federasie veroordeel die regering se vyandigheid en diskriminasie teen Israel
# WaterCAN vra vir vinnige vervolging in Sasol se waterbesoedelingsaak
# En, sokker: Benjamin Mendy dagvaar Manchester City oor sy onbetaalde salaris
# Die Suid-Afrikaanse Sionistiese Federasie sê hy veroordeel Suid-Afrika se toenemend vyandige en diskriminerende posisie teenoor Israel. Die organisasie se reaksie volg op Israel se besluit om sy ambassadeur in Suid-Afrika, Eliav Belotserkovsky, te herroep, aangesien die Parlement na verwagting sal stem oor die sluiting van die Israelse ambassade. Die federasie se voorsitter, Rowan Polovin, sê die regering se eensydige en onverantwoordelike retoriek, en weiering om in dialoog te tree met Israel, verhinder dat Suid-Afrika enige betekenisvolle rol kan speel in die beëindiging van die heersende oorlog, of in enige toekomstige vredespogings:
# Die omgewingsorganisasie WaterCAN sê hy is bekommerd dat die strafregtelike saak teen die brandstofreus, Sasol, gaan voortsleep nadat die saak weer uitgestel is. Sasol word daarvan beskuldig dat hy water wat met chemikalieë soos vanadium besmet is, in ʼn sytak van die Vaalrivier gestort het. Ferrial Adam van WaterCAN sê hoewel die hofsaak aan die gang is, is daar nie aanspreeklikheid om die besoedeling te staak en op te ruim nie:
# Die polisie in Noordwes ondersoek tans die dood van twee kinders wat volgens berigte in Regorogile buite Brits dood is nadat hulle vermoedelik vergiftigde kos geëet het. Die polisiewoordvoerder, Sabatha Mokgwabone, sê ‘n 32-jarige vrou het ‘n ete voorberei vir haar gesin en drie van haar bure se kinders. Die kinders het daarna siek geword en twee van hulle het gesterf. Mokgwabone sê die insameling en toetsing van voedselmonsters is tans aan die gang terwyl owerhede poog om die oorsaak van hul dood te bepaal.
# Sokker: Die voormalige Manchester City verdediger Benjamin Mendy het ʼn multimiljoenrand-eis by die Indiensnemingstribunaal ingedien oor ongemagtigde salaris-aftrekkings. Die 29-jarige speler is in 2021 aangekla van verkragting en seksuele aanranding, maar ʼn jurie het hom in Julie vanjaar onskuldig bevind na ʼn herverhoor in die Chester Crown-hof in Engeland. Volgens berigte het Manchester City in September 2021 opgehou om Mendy te betaal nadat hy aangekla is. Die verdediger eis nou die salaris wat hy moes ontvang totdat sy kontrak in Junie verstryk het.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-31-sent teen die dollar, 20-rand-6-sent teen die euro en 22-rand-95-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 37-duisend-333-dollar-6-sent. Die prys van goud is een-duisend-922-dollar-11-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 81-dollar-96-sent per vat.
# En laastens: Die Tshwane Universiteit vir Tegnologie se Sentrum vir Entrepreneurskap-ontwikkeling was een van die wenners van die nasionale presidensiële toekennings vir klein-, medium- en mikro-ondernemings en koöperasies. Hy het die ministeriële toekenning ontvang as Vernuwende Oplossing vir Kleinsakeondernemings. Die sentrum het meer as 750 klein- en medium-sakeondernemings ondersteun. ʼn Woordvoerder van die universiteit, Patrick Ebewo, sê die sentrum bevorder ekonomiese deelname en insluiting van vroue, die jeug en mense met gestremdheid deur toegang tot entrepreneursonderrig, sakeontwikkeling en ondersteuning.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….