Nuus 12:00
BULLETIN 26 Februarie 12 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Dis D-dag vir die ANC om die uitstaande kaderontplooiingsdokumente te oorhandig
# Transnet staak planne om ‘n vasmeer-aanleg uit te brei
# En, rugby: Argentynse mans en Nieu-Seelandse vroue in Vancouver as kampioene gekroon
# Die DA sê die ANC het tot die einde van vandag om die uitstaande dokumente te oorhandig wat verband hou met die vergaderings van sy kaderontplooiingskomitee vanaf Januarie 2013. Die party sê, anders sal hy ‘n aansoek bring van minagting van die hof. Verlede week het die regerende party sy kaderontplooiingsdokumente aan die DA oorhandig kragtens ‘n bevel van die Konstitusionele Hof. Die DA sê egter, die ANC het versuim om president Cyril Ramaphosa se e-posse en WhatsApps in te sluit, al was hy die komitee se voorsitter, Die party het ook nie ‘n lys verskaf van alle besluite wat deur die komitee geneem is nie.
# Die Transnet Nasionale Haweowerheid het sy beplande uitbreiding van ‘n losstaande vasmeeraanleg weens finansiële beperkings op die lange baan geskuif. Die uitbreiding sou die uitvoervolume van ystererts by die Saldanhabaaise hawe in die Wes-Kaap met sewe-miljoen ton vergroot. Transnet wil die hawe se status aanpas deur sy ystererts-uitvoervermoë teen 2032 te verbeter deur vasmeergeriewe volgens die Fase 2-bouprojek uit te brei. Die beplande Berth 100 sou die hanteringsvermoë tot 67-miljoen ton per jaar uitbrei.
# Die Departement van Basiese Onderwys sê Suid-Afrika word nie beduidend geraak deur onderwysertekorte nie. Daar is egter steeds uitdagings wat betref onderwyservaardigheid en behoorlike plasing. Die Globale Verslag oor Onderwystekorte word dié week in Sandton, Johannesburg, vrygestel. Enoch Rabotapi van die departement sê die Verenigde Nasies se Onderwys-, Wetenskaplike en Kulturele Organisasie beklemtoon 44-miljoen nuwe onderwysers is nodig om die volhoubare ontwikkelingsteiken te bereik van primêre en sekondêre onderwys vir almal teen 2030:
# Rugby: Argentinië is steeds die beste manspan in die wêreld nadat hulle die derde agtereenvolgende keer die kroon in die Kanada-sewes in Vancouver opgeraap het. Die Pumas het Nieu-Seeland in die eindstryd uiteindelik met 36-12 verslaan om hulle greep op die Wêreld-sewesreeks te versterk. In die vroue-eindstryd het Portia Woodman-Wickliffe se driekuns Nieu-Seeland gehelp om Frankryk met 35-19 te verslaan en die tweede agtereenvolgende keer die titel te wen. Woodman-Wickliffe sê die nuwe spelers in die span het hulle kant gebring:
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 19-rand-27-sent teen die dollar, 20-rand-88-sent teen die euro en 24-rand-43-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 51-duisend-324-dollar-21-sent. Die prys van goud is twee-duisend-en-34-dollar-2-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 81-dollar-30-sent per vat.
# En, die atoom-biorolprent, Oppenheimer, het die topprys verower op die Amerikaanse Vervaardigersgilde-toekennings. Die prent het die Darryl F Zanuck-toekenning vir Uitstaande Vervaardiger van Teaterrolprente gewen. The Bear het die Danny Thomas-toekenning vir Episode-komediereekse gewen; RuPaul’s Drag Race is bekroon met die toekenning vir die Bes-vervaardigde Kompetisie-en-speletjiereeks, en Last Week Tonight with John Oliver het die eerste plek in die Verskeidenheidskategorie behaal. Die toekenning vir Vervaardiger van Dokumentêre Rolprente het aan American Symphony gegaan, terwyl Sesame Street die toekenning gekry het vir Uitstaande Kinderprogram.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….