Nuus 12:00
BULLETIN 19 Julie 12 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# FOSA verwelkom die ampsklagkomitee se ferm standpunt in die verdediging van sy grondwetlike verantwoordelikhede
# Die Inkomstediens kondig die datums vir 2026 se belastingseisoen aan
# En Israel verskerp sy aanvalle op Libanon
# Forum for South Africa verwelkom die parlementêre ampsklagkomitee se besluit om president Cyril Ramaphosa se dringende hofaansoek teen te staan, wat daarop gemik is om die ampsklagproses te stop. FOSA se leier, Tebogo Mashilompane, sê die poging wek ernstige kommer oor aanspreeklikheid, deursigtigheid en respek vir demokratiese instellings. Hy sê die proses is ‘n grondwetlike meganisme wat ontwerp is om te verseker dat diegene in die hoogste amp aanspreeklik gehou word:
# Die Grensbestuursowerheid sê die voortgesette deportasie van onwettige buitelanders wys die staat se vermoë om immigrasiewette streng, regverdig en menslik toe te pas. Een-duisend-596 Malawiese en Zimbabwiese burgers se inligting is gister verwerk tydens ‘n intensiewe operasie van 13-uur op die Beitbrug-grenspos in Limpopo. Die owerheid se woordvoerder, Mmemme Mogotsi, sê hulle balanseer grensveiligheid met die waardige behandeling van diegene wat gedeporteer word.
# Die kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, Johnstone Makhubu, sê die belastingseisoen begin op 1 Julie met outo-bepaling. Dis vir belastingbetalers met eenvoudige belastingsake en wie se inligting ten volle voorsien is. Die breër indientydperk vir voorlopige en nie-voorlopige belastingbetalers begin op 13 Julie. Makhubu sê die verskillende datums sal die vloei beheer en onnodige druk op dienskanale verminder:
Nuus uit die buiteland:
# Hernude Israelse lugaanvalle in die suide van Libanon het oornag die lewens van minstens 15 mense geëis. Die staatsnuusagentskap NNA berig die aanvalle op verskeie dorpe in die Nabatieh-distrik was van die hewigste in onlangse weke. Israel sê die aanvalle was gemik op Hisbolla-teikens in verskeie gebiede weens die Irans-gesteunde militantegroep se herhaalde skendings van die wapenstilstand. Dit volg ‘n dag nadat Israel ‘n kaart gepubliseer het waar ‘n uitgebreide militêre beheersone aangedui word, wat twyfel saai oor Amerika se tussentydse vredesooreenkoms met Iran.
# Sokker: Bafana Bafana se hoofafrigter, Hugo Broos, sê hulle kan Suid-Korea nie onderskat in Donderdag se allerbelangrike Groep A-Wêreldbekerwedstryd nie. Die mede-gasheer, Mexiko, is reeds deur na die laaste 32 en Suid-Korea is tans tweede in die groep, gevolg deur die Tsjeggiese Republiek en Suid-Afrika. Broos het Suid-Korea se gestruktureerde spel as die belangrikste uitdaging beskryf:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-46-sent teen die dollar, 18-rand-86-sent teen die euro en 21-rand-76-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 62-duisend-612-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-175-dollar-41-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 79-dollar-42-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….