Nuus 12:00
BULLETIN 19 Februarie 12 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Business Leadership SA sê die begroting is belangriker as ooit
# Die Israelse eerste minister is uitdagend oor moontlike Rafah-aanval
# En, motorsport: F1 vra Red Bull om die ondersoek na Horner so gou moontlik af te handel
# Business Leadership South Africa sê die begrotingsrede is die belangrikste nóg vir sake-ingesteldheid. Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, lewer Woensdag die begrotingsrede. BLSA se bestuurshoof, Busisiwe Mavuso, sê daar is duidelik gepoog om besteding in toom te hou, maar die uitdaging is dat die ekonomie nie saamgewerk het nie. Sy sê ván die sleutelkwessies waaroor sy iets in die begroting verwag, sluit in die finansiële verknorsing van Transnet en Eskom, beleggings in infrastruktuur en belastingaanpassings.
# RISE Mzansi se premierskandidaat in Gauteng, Vuyiswa Ramokgopa, sê die Provinsiale Rede moet op inwoners fokus. Premier Panyaza Lesufi lewer die rede vanaand by die Nasrec-ekspo-sentrum, waar hy oor die provinsiale regering se vordering sal praat. Ramokgopa sê die herbou van die provinsie se ekonomie moet voorkeur kry sodat werksgeleenthede vir miljoene werkloses, insluitend dié bo 35 jaar oud, geskep kan word:
# Die Tshwane-metro sê sy tegnici werk hard aan kragonderbrekings in verskeie dele van die munisipaliteit wat veroorsaak is deur die onlangse stormweer. Dit het uitgeloop op ‘n reuse herstel-agterstand. Die woordvoerder, Selby Bokaba, sê om te verseker die agterstand word spoedig uitgewis, het die stad van vanoggend af die maksimum bronne uitgestuur na die betrokke gebiede:
# Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, sê diegene wat teen ‘n Rafah-offensief gekant is, sê eintlik vir Israel om die oorlog teen Hamas te verloor. Lande, insluitend die VSA en Brittanje het Netanyahu gewaarsku om nie soldate na Rafah te stuur nie, veral oor die kommer oor burgerlikes wat daar skuil. Netanyahu sê hy verwerp enige scenario waarvolgens Hamas sy militêre en regerende vermoëns sal kan herbou:
# Motorsport: Formule Een het Red Bull versoek om die ondersoek na die spanhoof, Christian Horner, so gou moontlik af te handel. Horner word ondersoek nadat ‘n kollega hom beskuldig het van onvanpaste gedrag. Die 50-jarige het die bewerings ten sterkste ontken. F1 sê hy hoop die saak sal so gou moontlik uitgeklaar word, deur middel van ’n regverdige en deeglike proses. Die voorseisoen-toetse begin Woensdag, vóór die eerste wedren van die jaar op 2 Maart in Bahrein.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-90-sent teen die dollar, 20-rand-39-sent teen die euro en 23-rand-86-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 52-duisend-249-dollar-58-sent. Die prys van goud is twee-duisend-en-20-dollar-56-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 82-dollar-91-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….