Nuus 12:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 7 Februarie 12 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Beurtkrag word tot fase een verlaag
# Die adjunkminister van Arbeid sê sterker bande is nodig om werkloosheid te bekamp
# En, rugby: Beserings-bekommernisse vir Skotland voor die Sesnasies-kragmeting met Frankryk
# Eskom het beurtkrag van tienuur vanoggend tot tweeuur vanmiddag na fase een afgeskaal waarna fase twee tot verdere kennisgewing sal geld. Die kragvoorsiener sê dit word toegeskryf aan voldoende noodreserwes en ‘n effense verbetering in beskikbare opwekkingskapasiteit. Dit het daartoe gelei dat twee eenhede weer in diens gestel kon word. Hy voeg by die kragstelsel word fyn dopgehou vir enige beduidende veranderinge wat gekommunikeer sal word indien dit nodig is.
# Die adjunkminister van Indiensneming en Arbeid, Boitumelo Moloi, sê sterker bande tussen werkgewers, onderwysinstellings en die jeug is belangrik in die stryd teen werkloosheid. Die adjunkminister het gister deelgeneem aan ʼn sessie van ʼn Werk- en Loopbaanskou in die Wes-Kaap. Die departement se woordvoerder, Teboho Thejane, sê ingesteldheid moet verander, vernuwing moet plaasvind en samewerking moet versterk word om die enorme werkloosheidsyfer onder die jeug te verander:
# Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging-vakbond het kennis geneem dat ongeveer 100 Kubaanse dokters in Suid-Afrika werk, ondanks meer as ‘n duisend gekwalifiseerde plaaslike dokters wat werkloos is. Die minister van gesondheid, Joe Phaahla, het gesê dat Kubaanse dokters in landelike gebiede dien met gespesialiseerde vaardighede en dis waarom plaaslike dokters dit nie kan doen nie. Die vakbond se woordvoerder, Cedric Sihlangu, sê om die krisis van werklose dokters op te los vereis dringendheid en politieke wil:
# Die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers het ʼn Republikeins-geleide wetsontwerp verwerp wat hulp van meer as 331-miljard-rand aan Israel wou gee. Altesaam 250 was daarteen en 180 daarvoor wat nie die tweederde-meerderheid gehaal het om die wetsontwerp te aanvaar nie. Die Demokratiese kongreslid, Alexandria Ocasio-Cortez, sê Amerika moet by sy wette en beleide hou en dit verbied Amerikaanse hulp aan magte wat menseregte skend en internasionale humanitêre wette oortree:
# Rugby: Skotland se voorbereiding vir Saterdag se Sesnasies-kragmeting met Frankryk in Edinburgh het ‘n terugslag gekry met die nuus dat twee spelers die res van die kompetisie gaan misloop. Die slot Richie Gray en die flank Luke Crosbie is albei beseer tydens die oorwinning met een punt oor Wallis in die openingsronde. Die heelagter Blair Kinghorn sal na verwagting ook die naweek se wedstryd misloop nadat ‘n kniebesering hom uit die openingswedstryd gehou het. Die vleuel Darcy Graham en die stut WP Nel sal na verwagting hierdie week weer begin oefen.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-84-sent teen die dollar, 20-rand-28-sent teen die euro en 23-rand-78-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 42-duisend-937-dollar-90-sent. Die prys van goud is twee-duisend-en-33-dollar-58-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 78-dollar-76-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….