Nuus 12:00
BULLETIN 5 Februarie 12 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# ‘n Ontleder sê die toekomstige DA-leier moenie deur ‘n kabinetsposisie gekniehalter word nie
# Die Wes-Kaapse regering verskerp sy pogings teen bek-en-klouseer
# En rugby: Die Sesnasies begin vanaand in Parys
# Die politieke ontleder Daniel Silke raai die toekomstige DA-leier aan om nie ‘n kabinetsposisie te aanvaar nie, maar eerder ‘n ware visie vir die party te ontwikkel en uit te dra. John Steenhuisen gaan nie herkiesbaar wees op die party se verkiesingskongres in April nie, maar eerder fokus op sy amp as minister van Landbou. Silke sê die toekomstige leier moenie gekniehalter word deur die verantwoordelikhede van ʼn regeringsportefeulje nie:
# Die Wes-Kaapse regering verskerp pogings om ‘n bek-en-klouseer-uitbreking in die provinsie te beperk. Die uitbreking, wat in November die eerste keer op ‘n plaas naby Gouda aangemeld is, is tans onder beheer, met veeartsenykundige spanne wat die betrokke gebiede monitor. Premier Alan Winde sê streng maatreëls soos kwarantyn, padversperrings en vee-inspeksies is ingestel om diere, plaaswerkers se werksgeleenthede en voedselsekerheid te beskerm:
Nog landbounuus: FNB sê die onlangse brandstofprysverlaging, ondersteun deur ‘n sterker rand en laer internasionale oliepryse, sal kostedruk vir boere verlig. Dieselpryse het met tot 57-sent per liter gedaal, terwyl die prys van albei grade petrol met 65-sent per liter gedaal het, en verlig een van die grootste kostedrukpunte in plant, oes en plaaslogistiek. Koketso Mano van die bank sê die laer koste kan help om plaaswinsgewendheid te verbeter:
Nuus uit die buiteland:
# Meer as 200 mense is dood in aanvalle in afgeleë dorpe in sentraal- en noord-Nigerië. Die polisie sê minstens 170 mense is dood in ‘n aanval deur gewapende mans in die sentrale staat Kwara. Minstens 21 mense het in die noorde van die staat Katsina gesterf. Die aanvallers is vermoedelik jihadiste wat dikwels in die dorpe preek. Hulle het glo geëis dat inwoners hul trou aan die Nigeriese staat afsweer en oorskakel na die Sharia-Islamitiese wette. Die inwoners het beswaar gemaak, waarna die militante losgebrand het.
# Rugby: Vanjaar se Sesnasies-kompetisie begin vanaand in Parys met die verdedigende kampioen, Frankryk, en Ierland wat kragte meet. Die wedstryd begin tien-oor-tien, Suid-Afrikaanse tyd, op die Stade de France. Saterdagmiddag verwelkom Italië vir Skotland op die Stadio Olimpico in die hoofstad, Rome, en Engeland en Wallis pak mekaar diesefde aand op Twickenham in Londen. Die kompetisie word vanjaar van sewe na ses naweke verkort, met die laaste ronde wat die 14de van volgende maand plaasvind.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-5-sent teen die dollar, 18-rand-95-sent teen die euro en 21-rand-87-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 71-duisend-106-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-932-dollar-67-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 68-dollar-11-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….