Nuus 12:00
NUUSFLITS NUUSAGENTSKAP 16 November 12 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die VF Plus sê die massa-bedanking van lede van die polisie se elite-eenheid laat rooiligte flikker
# Polisie-operasies teen onwettige mynbedrywighede in Gauteng is baie suksesvol
# En, rugby: Die Haaie-duo Mbonambi en Kock maande lank buite aksie weens beserings
# Die Vryheidsfront Plus sê dringende optrede word benodig vir die behoud van vaardige amptenare in die bekamping van misdaad. Die party het kommer uitgespreek oor die massabedanking van meer as 70-persent van die polisie se spesiale taakmaglede in KwaZulu-Natal, wat beteken daar is slegs 15 van die aanvanklike 53 lede oor. Die party se leier, Pieter Groenewald, sê kwessies soos swak betaling, onbillike bevorderingsbeleide, wanbestuur en verwaarlosing word as redes vir die uittog aangevoer:
Speel klankgreep:
# Minstens 36 verdagtes is in Kagiso aan die Wes-Rand in hegtenis geneem in verband met die besit van vermoedelik gesteelde eiendom, onwettige mynbou en die oortreding van die Immigrasiewet. Dit volg ná ’n grootskaalse operasie deur die polisie. Die polisie het ook beslaggelê op gereedskap vir onwettige mynbou, soos kragopwekkers, pendukas, gasbottels, staalhakies en gouddraende stof. Die verdagtes sal na verwagting binnekort in die hof verskyn.
# Die IVP-president, Velenkosini Hlabisa, moedig Suid-Afrikaners aan om te registreer sodat hulle stemme in volgende jaar se verkiesing gehoor kan word. Die Onafhanklike Verkiesingskommissie sê byna 23-duisend-296 stemlokale in alle munisipaliteite landwyd sal Saterdag en Sondag oop wees sodat mense kan registreer. Hlabisa sê dis verstommend dat meer as 13-miljoen Suid-Afrikaners, individue wat die mag het om die land se toekoms te beïnvloed, nie die eenvoudige maar veranderende stap gedoen het om as kieser te registreer nie:
Speel klankgreep:
# Rugby: Die Haaie gaan vir ‘n lang tydperk sonder die voorry-duo Bongi Mbonambi en Vincent Koch moet klaarkom, weens kniebeserings. Mbonambi moes die veld vroeg verlaat in die Wêreldbeker-eindstryd teen Nieu-Seeland verlede maand in Parys, nadat hy ‘n kniebesering opgedoen het. Kock het ook die Wêreldbeker-eindstryd weens ’n kniebesering misgeloop. Die Haaie-afrigter, John Plumtree, sê Mbonambi kan tot ses maande op die kantlyn wees, terwyl Koch tot drie maande lank buite aksie sal wees.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-17-sent teen die dollar, 19-rand-71-sent teen die euro en 22-rand-50-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 37-duisend-394-dollar-50-sent. Die prys van goud is een-duisend-965-dollar-30-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 80-dollar-29-sent per vat.
# Ten slotte: Die Maatskaplike Navorsingstigting se onlangse opname waarin een-duisend-412 geregistreerde kiesers ondervra is, het aan die lig gebring 61-persent glo die regering moet die gesondheidsorgsektor nasionaliseer. Die opname toon ‘n verfynde perspektief oor politieke grense, met 71-persent van ANC-ondersteuners, 33-persent van DA-kiesers en 57-persent van EFF-kiesers wat die nasionalisering van gesondheidsorg verkies. News24 berig die opname beklemtoon ook rasse- en opvoedkundige skeidings, met 63-persent van swartmense wat nasionalisering ondersteun in vergelyking met 79-persent van witmense wat daarteen gekant is. Die bevindings beklemtoon uiteenlopende sienswyse oor gesondheidsorg-beleide te midde van besprekings oor die wetsontwerp op die Nasionale Gesondheidsversekering wat verlede jaar in Augustus bekendgestel is.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….