Nuus 12:00
BULLETIN 21 Augustus 12 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Green Connection dring by Parlement aan om die voorgestelde Gas-wetsontwerp te herroep
# COSATU is bekommerd oor die toename in verregse en stamgroepe
# En twee Hongkongse aktiviste word skuldig bevind aan aanhitsing tot ondermyning oor die Tiananmen-herdenkings-nagwaakte
# Die eko-regte groep Green Connection dring by die Parlement aan om die voorgestelde Wetsontwerp op Gas te herroep en waarsku dat dit Suid-Afrika dieper kan dompel in afhanklikheid van olie en gas terwyl oorsig verswak word. Wanneer dit afgekondig word, sal dit die Gaswet vervang met ‘n nuwe raamwerk wat onder meer aardgas, gasinfrastruktuur, belegging, lisensiëring en afdwingbaarheid dek. Woordvoerder Lisa Makaula sê die wet kan verbruikers blootstel aan onbestendige gaspryse:
# Business Leadership South Africa sê vir grootskaalse werkskepping moet die land beter doen en die groeikoers tot bo drie-persent opskuif. Daar is tans 8,5-miljoen werklose mense en jaarliks kom sowat 300-duisend nuwe werksoekers by. BLSA se voorsitter, Adrian Gore, sê die sakesektor glo Suid-Afrika het aansienlike geleentheid om ‘n self-versterkende siklus te skep met ʼn verbeterde narratief, belegging, groei, werk en groter vertroue. Hy voeg by die land het baie onvervulde moontlikhede.
# Die vakverbond Cosatu is bekommerd oor wat hy beskou as die opkoms van verregse eiereg-, ras- en stamgroepe wat ʼn bedreiging inhou vir Suid-Afrika se swaarverworwe demokrasie. AfriForum en die March and March-beweging het ʼn gesamentlike werksgroep aangekondig vir kwessies soos gemeenskapsveiligheid, regsake, onderwys en veldtogte teen misdaad en onwettige immigrasie. Cosatu se woordvoerder, Matthew Parks, sê dit herinner aan soortgelyke onheilige verhoudings soos tussen die Afrikaner-Weerstandsbeweging en die Bantustan-diktatorskappe:
Nuus uit die buiteland:
# Twee pro-demokrasie-aktiviste wat jaarliks ‘n nagwaak gereël het om China se dodelike Tiananmen-onderdrukking te herdenk, is in ‘n Hongkongse hof skuldig bevind aan aanhitsing tot ondermyning. Die regerende Chinese Kommunistiese Party het in 1989 oorlogtenks ingestuur om vreedsame, studente-geleide demokrasie-betogings te onderdruk op die Tiananmen-plein in Beijing. Tien-duisend mense is na raming dood. Die vooraanstaande jong menseregte-prokureur, Chow Hang-tung, en die voormalige opposisie-wetgewer, Lee Cheuk-yan, kan tot tien-jaar tronkstraf opgelê word. ‘n Derde beskuldigde, Albert Ho, het in Januarie skuldig gepleit.
# Rugby: Die All Blacks se afrigter, Dave Rennie, sê hulle maak gereed vir ʼn fisieke armdruk-stryd eerder as oop hardlooprugby in môre se toets teen die Springbokke op Ellispark. Hy het ʼn sterk span aangewys, met Ardie Savea as kaptein en die skrumskakel Cam Roigard en die vleuel Will Jordan wat die eerste keer op die toer speel. Rennie sê lugskoppe gaan van vroeg in die wedstryd ‘n sleutelrol speel:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-5-sent teen die dollar, 18-rand-77-sent teen die euro en 21-rand-89-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 76-duisend-897-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-564-dollar-64-sent per fynons en die prys van Brent ruolie is 94-dollar-82-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….