Nuus 12:00
BULLETIN 10 November 12 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Khampepe-kommissie is deurslaggewend vir geregtigheid en aanspreeklikheid
# AfriForum ondersoek die dood van ‘n burgerlike wat in 1978 deur ANC-insypelaars vermoor is
# En agt Demokrate in die Senaat stem saam met die Republikeine om die Amerikaanse regeringsluiting te beëindig
# Die woordvoerder van die Waarheids- en Versoeningskommissie, Lionel Adendorf, sê die Khampepe-kommissie van ondersoek sal help om afsluiting te bring vir 25 gesinne wat steeds geregtigheid soek. Die kommissie begin vandag in Johannesburg met sy ondersoek na beweerde politieke inmenging in apartheidsera-vervolgings. Adendorf sê dit is noodsaaklik om te bepaal waarom die Nasionale Vervolgingsgesag en die polisie nie opgetree het na die aanbevelings van die Waarheids- en Versoeningskommissie nie. Hy het die noodsaaklikheid beklemtoon om grondwetlike verpligtinge en verantwoordbaarheid te handhaaf:
Die familie van die burgerlike Jaap van der Merwe, wat in 1978 deur ANC-insypelaars vermoor is naby die grens met Botswana, het AfriForum intussen amptelik versoek om antwoorde te vind oor moontlike politieke inmenging met die vervolging van ‘n geïdentifiseerde verdagte. Sy liggaam is nooit gevind nie. AfriForum se uitvoerende hoof, Kallie Kriel, sê een van die verdagtes, wat destyds die skuilnaam John Msibi gebruik het, het nie by die Waarheids- en Versoeningskommissie om amnestie aansoek gedoen nie en leef steeds:
# President Cyril Ramaphosa sê ‘n belangrike deel van Suid-Afrika se reaksie op ongelykheid is om skuldvolhoubaarheid te bevorder, veral vir ontwikkelende ekonomieë. Hy sê in sy weeklikse nuusbrief die rente op soewereine skuldterugbetalings, veral in Afrika, belemmer openbare besteding en ekonomiese groei. Ramaphosa sê Suid-Afrika gebruik sy G20-presidentskap om te pleit vir die hervorming van die globale finansiële argitektuur. Hy vra multilaterale ontwikkelingsbanke om as deel van die agenda ongelykheid te verminder.
# Amerikaanse senatore het ‘n befondsingswetsontwerp goedgekeur om die regeringafsluiting van 40 dae te beëindig wat die langste in die land se geskiedenis is. Dit het presies die 60 stemme ontvang wat nodig is om dit in die Senaat deur te voer nadat byna al die Republikeine en agt Demokrate daarvoor gestem het. Die gewysigde pakket moet steeds in die huis aanvaar en deur president Donald Trump onderteken word. Die Demokraat Maggie Hassan sê die Republikeine moet nou die Bekostigbare Sorg-subsidies verleng:
# Sokker: Suid-Afrika is die heel eerste keer deur na die uitklopfase van die Onder 17 FIFA-manswêreldbekertoernooi in Doha, Katar. Amajimbos het vir die laaste 32 gekwalifiseer ondanks hul nederlaag van 3-1 teen Italië. Hulle vier punte was genoeg om Katar en Bolivië verby te steek, wat gelykop gespeel het sonder doele, en tweede te eindig in Groep A. België, Japan, Senegal, Kroasië, Egipte, Venezuela, Switserland en die Republiek van Korea is ook deur na die uitklopfase.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-21-sent teen die dollar, 19-rand-92-sent teen die euro en 22-rand-67-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 106-duisend-87-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-en-80-dollar-40-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 64-dollar-7-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….