Nuus 12:00
BULLETIN 20 Augustus 12 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Rand Mutual Assurance sê die Amerikaanse tariewe plaas reuse-druk op die Suid-Afrikaanse ekonomie
# Minister George sê Suid-Afrika is verbind tot die stryd teen oorgrens-natuurlewemisdade
# En ‘skibidi’ en ‘delulu’ is onder ses-duisend nuwe woorde bygevoeg op die aanlyn Cambridge Dictionary
# Rand Mutual Assurance sê die Suid-Afrikaanse ekonomie is onder druk as gevolg van die tarief van 30-persent op goedere wat na Amerika uitgevoer word. Volgens die jongste makro-ekonomiese ontleding deur die multi-nasionale rekeningkundige reus EY, kan die land tot 100- duisend werksgeleenthede verloor. Gopolang Peme van RMA sê verminderde wêreldwye vraag, ontwrigtings in die voorsieningsketting en gespanne handelsverhoudinge met sleutelvennote kan ‘n domino-effek hê op Suid-Afrikaanse sektore wat swaar steun op uitvoere, insluitend mynbou en motorvoertuie.
# Die Parlement het bevestig dat hy die 11de G20-parlementêre speakersberaad van 29 September tot 3 Oktober in Kleinmond in die Wes-Kaap gaan aanbied. Die beraad, met die tema ‘Die benutting van parlementêre diplomasie vir die verwesenliking van globale solidariteit, gelykheid en volhoubaarheid‘, sal ook die vergaderings van die P20-vroue en jong parlementariërs insluit. Suid-Afrika beklee tans die G20-presidentskap en beoog om die platform te gebruik om vennootskappe te versterk en globale aanspreeklikheid te bevorder.
# Die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Dion George, sê die oopvlek van ‘n groot oorgrens-renosterhoring-smokkelnetwerk is ‘n beslissende oorwinning. Ses vermeende lede van ‘n sindikaat gekoppel aan ‘n bedrieglike skema waarby 964 renosterhorings ter waarde van miljoene rand betrokke is, is aangekeer. Die horings was vir onwettige markte in Suidoos-Asië bestem. George sê die verdagtes het die departement bedrieg deur permitte onder vals voorwendsels te bekom om renosterhorings binnelands te koop en te verkoop, terwyl hulle dit na onwettige internasionale markte gekanaliseer het:
# Rugby: Nieu-Seeland sal Argentinië Saterdag sonder Patrick Tuipulotu en Anton Lienert-Brown pak in hul tweede Rugbykampioenskapwedstryd in Buenos Aires. Tuipulotu het verlede naweek ‘n gesigbesering opgedoen toe die All Blacks 41-24 gewen het. Die veteraan van 56 toetse sal na verwagting sowat ses weke buite aksie wees. Lienert-Brown het ‘n hou teen die kop gekry en volg die harsingskudding-protokol. Afrigter Scott Robertson erken die verlies aan die twee ervare spelers is ‘n terugslag vir sy span.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-69-sent teen die dollar, 20-rand-60-sent teen die euro en 23-rand-89-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 113-duisend-806-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-322-dollar-10-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 65-dollar-94-sent per vat.
# En ten slotte: Die Cambridge Dictionary het die afgelope jaar ses-duisend nuwe woorde op sy aanlyn uitgawe bygevoeg. Dit sluit in TikTok-neigings en uitdrukkings op sosiale media soos skibidi, delulu en tradwife. Die woorde het algemene gebruik geword op sosiale en hoofstroommedia en word ook gekoppel aan bekendes en toonaangewers soos Kim Kardashian. Die woordeboek se uitgewery-bestuurder, Wendalyn Nichols, het aan Sky News gesê hulle voeg net woorde by wat in die taal sal staande bly:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….