Nuus 12:00
BULLETIN 14 Augustus 12 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Staatsdiensvakbond vra Binnelandse Sake om die werknemers te ondersteun na die brandstigting in Germiston
# Green Connection verwelkom die hofuitspraak oor TotalEnergies se ontginningsprojek
# En Trump en Putin gaan op ‘n militêre basis in Alaska ontmoet
# Die Vereniging van Staatsamptenare is bekommerd oor veiligheidsmaatreëls by Binnelandse Sake in Germiston nadat ‘n brand Dinsdag die gebou verwoes het. Die voorval het plaasgevind tydens gewelddadige betogings oor uitsettings by die nabygeleë Pharoepark-woonstelgebou waar mense munisipale behuising beset sonder om huur te betaal. Die vakbond se woordvoerder, Claude Naiker, sê geweld en vernietiging van openbare infrastruktuur stel werkers se veiligheid in gevaar en ondermyn die voorsiening van noodsaaklike dienste:
# Green Connection verwelkom die Wes-Kaapse Hooggeregshof se besluit om die regering se goedkeuring van TotalEnergies se aflandige ontginningsplanne om te keer. Die toestemming is in 2023 toegestaan in ʼn gebied tussen Kaapstad en Kaap Agulhas. Die hof het bevind die omgewings-ondersoek was vol ernstige gebreke en gee nie aandag aan belangrike risiko’s, regsvereistes en openbare deelname nie. Neville van Rooy van Green Connection sê die studie het belangrike oorwegings uitgelaat:
Nuus uit die buiteland:
# Môre se spitsberaad tussen die Amerikaanse president, Donald Trump, en sy Russiese ampsgenoot, Vladimir Putin, sal op die Gesamentlike militêre basis Elmendorf-Richardson in Alaska plaasvind. Die leiers sal ontmoet om die beëindiging van die driejaar-lange oorlog in Oekraïne te bespreek. Dit sal die eerste keer wees dat die twee alleen vergader sedert 2018 se ontmoeting in Helsinki. Die basis is die hoofkwartier vir onder meer die Alaska-bevel, verantwoordelik vir Amerikaanse magte in die staat, asook die Alaska-NORAD-streek wat lugvaartbeheer en waarskuwings voorsien.
# Krieket: Die Australiese kolwers Matt Short en Mitch Owen en die veelsydige Lance Morris sal nie in die komende tuisreeks van drie eendagwedstryde teen Suid-Afrika speel nie. Short en Morris is beseer en Owen het vertraagde harsingskuddingsimptome nadat Kagiso Rabada hom Dinsdag in die tweede T20 teen sy kopskerm raakgeboul het. Die drie word vervang deur Matthew Kuhnemann, Aaron Hardie en die veelsydige Cooper Connolly. Die eerste eendagwedstryd word Dinsdag gespeel.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-56-sent teen die dollar, 20-rand-52-sent teen die euro en 23-rand-84-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 121-duisend-901-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-347-dollar-29-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 65-dollar-51-sent per vat.
# En laastens, SANParke, in samewerking met die Trust vir Bedreigde Natuurlewe, het begin met ‘n nuwe navorsingsprojek oor leeus in die Kgalagadi-oorgrenspark in die Noord-Kaap wat tot in Botswana strek. JP Louw van SANParke sê oor die volgende paar maande sal spanne inligting insamel met kameras, voetspore, waarnemings en ander nie-indringende metodes. Hy sê leeus het unieke eienskappe soos snorbaard-kolle en littekens wat sal help om hulle individueel te identifiseer:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….