Nuus 12:00
BULLETIN 3 Junie 12 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Suid-Afrikaners word aangemoedig om hulle weer te verbind tot die bou van ‘n kindervriendelike land
# Die Staatsdiensvakbond vra die regering om die lewenskoste-krisis te bekamp
# En, die Europese Unie beweeg nader aan klimaat- en energieteikens
# Die regering doen ‘n beroep op Suid-Afrikaners om dié week hulle weer te verbind tot die bou van ‘n kindervriendelike land. Die week is Nasionale Kinderbeskermingsweek met die tema Working together in Ending Violence Against Children. Die regering se woordvoerder Nokululeko Mtshali, sê die beskerming van kinders teen geweld, uitbuiting en misbruik is nie net ‘n basiese waarde nie, maar is ook ‘n verpligting soos vervat in Artikel 28 van die Grondwet:
# Die Vereniging van Staatsamptenare het kommer uitgespreek oor die jongste verslag oor lewenskoste in Suid-Afrika. Die verslag onthul dat oplopende hoofinflasie tussen 2011 en 2023 met 94,6-persent gestyg het, terwyl die koste van noodsaaklike goedere teen ‘n baie hoër koers toegeneem het. Die vakbondwoordvoerder Claude Naiker sê die prys van noodsaaklikhede soos kos, behuising en vervoer het skerp gestyg wat ʼn ondraaglike las op laeinkomste-huishoudings plaas:
# Die Europese Unie sê hy is op dreef om sy 2030-klimaatteikens te haal en in oorgang na skoon energie te belê. Die EU nader sy gesamentlike teiken van ʼn 55-persent vermindering in kweekhuisgasvrystellings en ʼn gedeelde aandeel van minstens 42,5-persent in hernubare energie. Hy sê lidlande is polities vasbeslote om afhanklikheid van ingevoerde fossielbrandstowwe te verminder en die volhoubaarheid en sekerheid van energievoorrade te verbeter. Hy sê dis belangrik om alle rolspelers te betrek by ʼn billike oorgang na ʼn klimaat-neutrale ekonomie.
# Krieket: Protea-snelbouler Kagiso Rabada sê hy is gereed vir Australië se berugte slegsê-taktiek en voeg by dit sal hom net meer motiveer. Die twee nasies takel mekaar volgende week in die Wêreld-toetskampioenskap-eindstryd op Lord’s in Engeland. Die laaste keer wat die 30-jarige Rabada in Augustus 2022 op die heilige grond teen Engeland gespeel het, het hy vyf paaltjies platgetrek. Rabada sê hy verstaan sy belangrike rol in die groep en gee toe die Australiërs sal waarskynlik probeer om hom uit te lok, wat deel van die spel is.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-88-sent teen die dollar, 20-rand-40-sent teen die euro en 24-rand-15-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 104-duisend-988-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-362-dollar-44-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 64-dollar-86-sent per vat.
# En laastens, die Suid-Afrikaanse kunstenaar Phillip Matlhoko van Kimberley gaan sy kuns in China uitstal as deel van die vierde China-Afrika Ekonomiese en Handelsuitstalling wat Donderdag in die Hunan-provinsie begin. Verteenwoordigers van 44 Afrikalande, ses internasionale organisasies en 23 Chinese streke op provinsiale vlak sal na verwagting die uitstalling bywoon. Span Suid-Afrika sluit nog drie lede in. Matlhoko het aan die SABC gesê die uitstalling gaan oor kulturele uitruiling:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….