Nuus 12:00
BULLETIN 15 Julie 12 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die dodetal in die winter-inlywingseisoen styg tot 43
# Die minderheidsleier van die Amerikaanse Huis gaan stem teen ‘n voorstel om alle hulp aan Israel te sny
# En rugby: Die Springbok-hulpafrigter is versigtig vir ‘n desperate Wallis
# Die dodetal in die winter-inlywingseisoen het tot 43 gestyg. Owerhede sê 58 onwettige inlywingskole is gesluit en 40 mense is in hegtenis geneem as deel van ‘n landwye operasie. Die regering vra ouers en gemeenskappe om te verseker slegs geregistreerde skole wat aan gesondheids- en veiligheidstandaarde voldoen word bygewoon. Beamptes sê operasies sal voortduur om verdere sterftes te voorkom, terwyl ondersoeke na die sterftes en beweerde onwettige praktyke ook steeds voortgaan.
# Die Gedragsowerheid vir die Finansiële Sektor het ‘n ondersoek na die Openbare Beleggingskorporasie van stapel gestuur, dae nadat die uitvoerende hoof van die korporasie se raad, Patrick Dlamini, voorlopig geskors is ná bewerings van onbehoorlike optrede. Die korporasie is Afrika se grootste batebestuurder en hou toesig oor 3,6-duisend-miljard-rand se staatspensioen- en maatskaplike versekeringsfondse. Die owerheid is toenemend bekommerd oor onlangse verwikkelinge, veral dié wat verband hou met bestuur, leierskaps-bestendigheid, deursigtigheid en die moontlike uitwerking op die integriteit en vertroue in een van Suid-Afrika se belangrike finansiële instellings.
# Die waarnemende nasionale polisiekommissaris, Puleng Dimpane, het ‘n multidissiplinêre span aangestel om die moord op March and March se Gautengse leier, Andile Somgaxa, te ondersoek. Hy is vroeër die maand by sy huis in Greenfield, Johannesburg, geskiet. March and March het op 30 Junie landwyd massabetogings teen onwettige immigrante gelei. Woordvoerder Athlenda Mathe sê die span bestaan uit ervare speurders en intelligensie-beamptes:
Nuus uit die buiteland:
# Die minderheidsleier in die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers, Hakeem Jeffries, gaan ‘n voorgestelde wysiging van die Republikeinse verteenwoordiger Thomas Massie teenstaan wat alle Amerikaanse hulp aan Israel sal beëindig. Die huis stem vandag daaroor. Indien dit aanvaar word, skakel dit jaarlikse Amerikaanse hulp van 54,08-miljard-rand aan Israel uit, insluitend nie-veiligheidsverwante bystand wat tussenpersoonlike samewerking en humanitêre programme befonds. Jeffries sê die wysiging sal Amerika se vermoë inperk om militantegroepe soos Hamas en Hisbolla teen te werk, wat hy terreurorganisasies noem wat Amerika en Israel vyandiggesind is.
# Rugby: Die Springbok-hulpafrigter, Deon Davids, waarsku dat Wallis Saterdag gevaarlik kan wees juis omdat hulle heel laaste op die Nasieskampioenskaps-ranglys is. Suid-Afrika mik na ‘n derde oorwinning in die kompetisie nadat hulle reeds met Engeland en Skotland afgereken het. Wallis het vir Fidji geklop, maar teen Argentinië verloor. Suid-Afrika het Wallis in November verlede jaar sy grootste tuis-nederlaag ooit van 73-0 toegedien. Davids sê Wallis is nogtans ʼn baie mededingende span:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-36-sent teen die dollar, 18-rand-69-sent teen die euro en 21-rand-92-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 64-duisend-615-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-en-28-dollar-40-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 84-dollar-24-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….