Nuus 12:00
BULLETIN 22 Mei 12 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die IRV sê die vergadering tussen Ramaphosa and Trump het Suid-Afrika se mislukte beleidspunte blootgelê
# Giwusa sê Ramaphosa het Suid-Afrika se soewereiniteit uitverkoop in Washington
# En die SpaceX Dragon-ruimtetuig keer terug aarde toe
# Die Instituut vir Rasseverhoudings sê president Cyril Ramaphosa se vergadering met sy Amerikaanse ampsgenoot, Donald Trump, het die toenemende koste van Suid-Afrika se mislukte beleidspunte blootgelê, wat beleggersvertroue en internasionale geloofwaardigheid skade berokken het. Gister se vergadering in die Withuis het hoofsaaklik op plaasmoorde gefokus, met Trump wat sy bewerings van volksmoord in Suid-Afrika herhaal het. Hermann Pretorius van die instituut sê die regering moet rasgegronde beleid beëindig:
Giwusa sê intussen Ramaphosa het die nasionale vryheidstryd verraai en gunste gevra by Trump, wat volgens die vakbond ‘n rassistiese imperialis is. Giwusa se president, Mametlwe Sebei, sê die ontmoeting was nie diplomasie soos die media mense wil wysmaak nie:
# Die vakbondfederasie, Saftu, sê die begroting bevat wel ʼn geringe styging van 0,8-persent in rentevrye staatsbesteding, maar dit keer nie die streng besnoeiings van die afgelope dekade om nie. Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, het gister die nasionale begroting in die Parlement voorgelê. Saftu se woordvoerder, Newton Masuku, sê uitgawepatrone vanaf 2008 toon vanjaar se toename, hoewel positief, volg dieselfde patroon as die afgelope tien jaar se besnoeiings of gebrek aan groei:
# Rugby: Wêreldrugby se raad het die wêreldwye proeflopie van die 20-minute-rooikaart goedgekeur, ondanks weerstand van verskeie internasionale unies, insluitend Frankryk en Ierland. Die kaart is die afgelope seisoen in die noordelike halfrond getoets. Die reël laat toe dat ‘n speler wat vir ongeoorloofde spel gestraf is, ná 20 minute deur ‘n ander speler vervang kan word. Die speler wat afgestuur is, kan nie weer in die wedstryd speel nie. ‘n Besluit oor die permanente aanvaarding van die wet sal volgende jaar geneem word.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-95-sent teen die dollar, 20-rand-33-sent teen die euro en 24-rand-1-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 110-duisend-882-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-319-dollar-11-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 63-dollar-83-sent per vat.
# En ten slotte: Die SpaceX Dragon keer môre van die Internasionale Ruimtestasie terug aarde toe met meer as drie-duisend- kilogram wetenskaplike proefnemings, hardeware en voorraad. Die ruimtetuig is geskeduleer om vanaand ses-uur van ISS te vertrek na sy sending van 30-dae. Die vrag sluit materiale in wat aan die ruimte blootgestel is, robotika wat ontwerp is om brokstukke in die wentelbaan op te vang en onderdele vir toekomstige ruimtetuie. Die landing sal na verwagting aan die kus van Kalifornië wees. Nasa sal die vertrek regstreeks stroom.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….